Stof staan rooi soos Platfonteiners rugby speel

2015-07-01 06:05
BRIAN KAJOMBIE laat waai met die bal onder die arm terwyl Zane Kirchner, voormalige Bok-, Griekwa- en Bul-heelagter, saamdraf. Kirchner het Donderdag die skool in Platfontein buite Kimberley se rugbyspelers die fyner kunsies van die sport geleer.

BRIAN KAJOMBIE laat waai met die bal onder die arm terwyl Zane Kirchner, voormalige Bok-, Griekwa- en Bul-heelagter, saamdraf. Kirchner het Donderdag die skool in Platfontein buite Kimberley se rugbyspelers die fyner kunsies van die sport geleer.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE stof staan sommer so rooi in die lug, maar die o.16-rugbyspannetjie van die skool in Platfontein gee nie om dat hul rugbyveld eintlik ’n sandsokkerveld met sokkerpale is nie.

Veral nie met Zane Kirchner, voormalige Bok-, Griekwa- en Bul-heelagter, in die omtrek om hulle die fyner kunsies te leer nie.

Kirchner, wat meer as 50 wedstryde vir die Griekwas gespeel het voordat hy in 2007 na die Bulle toe is, het op eie koste Kimberley toe gekom om Platfontein se jong rugbyspelers te kom touwys maak.

Hy speel deesdae vir Leinster in Ierland en is met vakansie in Suid-Afrika ná die einde van die Europese rugbyseisoen.

“Ek kom self uit ’n klein gemeenskap. Almal het drome. Dis nie belangrik of dit groot of klein drome is nie. Ek wil vir die kinders wys daar is meer in die lewe,” het hy Donderdag langs Platfontein se rugby-sokkerveld gesê.

Dit was ná ’n vinnige oefensessie met die lede van die skool se o.16-span waarin hulle onder meer geleer het hoe om die bal vinnig uit te gee en te vang.

En dit was blinkoog-kinders wat elk van sy bewegings dopgehou en flink geleer het.

Een van hulle is die kleine Matthew Sibongo, wat droom om eendag se Bryan Habana te wees.

Die skool speel sedert verlede jaar rugby, toe Elmarie Mostert, ’n onderwyser aan die skool, saam met haar man, Vernon, dit by die skool aan die gang gekry het.

Nou is daar twee afrigters en spanne van o.11 tot by o.19. En hulle sien kans vir Kimberley se skole. Verlede jaar het hulle juis die spanne van die Laerskool Roodepan kafgedraf.

Die rugbyspelery het ook ’n positiewe gevolg in die klaskamer gehad. Mostert sê die onderwysers is dit eens dat die rugbyspelers nou beter gedissiplineerd is.

Die groot droom nou is om ’n regte rugbyveld met gras te kry, asook rugbypale.

En dan is daar ook planne om te begin krieket speel.

Dalk kan Platfontein spoedig sy eie Zane Kirchner oplewer

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.