ANC verdeel in drie, meen Mentor

2017-10-04 06:01
Vytjie Mentor Sondag (01/10) met die bekendstelling van haar boek, No Holy Cows, in Kimberley.Foto: Charné Kemp

Vytjie Mentor Sondag (01/10) met die bekendstelling van haar boek, No Holy Cows, in Kimberley.Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vytjie Mentor, veelbesproke voormalige ANC-LP wat opslae gemaak het met haar onthullings oor staatskaping, het Sondag (01/10) gesê die ANC gaan ná die Desember-leierskapverkiesing in drie groepe verdeel.

Sy het dit op die bekendstelling van haar eerste boek, No Holy Cows – Moments in my Political Life: 2002-2017, in Kimberley gesê.

Mentor het gesê voor­bereidings word reeds getref om een van die drie groepe, die ontnugterdes, teen Januarie as ’n nuwe party by die Onafhanklike Verkiesingskommissie te registreer. Die groep gaan glo heeltemal van die ANC wegbreek.

“Die registrasie moet dan plaasvind sodat daardie party aan die nasionale verkiesing in 2019 kan deelneem,” het Mentor gesê.

“Die drie groepe is die wenners en verloorders van die ANC-leierskapverkiesing en die ontnugterdes.

“Die ou ANC is lankal dood. Daar is niks te redde nie. Mense moenie vals hoop koester nie, al verdwyn Jacob Zuma van die toneel. Daar is net te veel krip­vreters wat hulself verryk. Moenie waardevolle stemme op die ANC vermors nie.”

In die boek, wat sy self gepubliseer het, beskryf sy onder meer hoe Essop Pahad, vorige minister in die presidensie, die eerste een was wat die Gupta-broers by die ANC en regeringsake betrek het.

Sy glo wel daar is hoop.

“Die Guptas was hul geld deur die Indiese effektebeurs en probeer dit dan wettig in Westerse lande belê. Ek weet van drie lande se veiligheidsagentskappe wat reeds hul visier op die Guptas het. Hulle kan die Guptas stuit.

“Adv. Gerrie Nel van AfriForum het my genader om hulle met private vervolgings by te staan. Hy het my aangeraai om steeds polities betrokke te wees, omdat die land my benodig.

“My fokus is nou op staatskaping. Ek is ’n sleutelgetuie en betrokke by die hofgeding om Zuma te dwing om die vorige openbare beskermer se aanbeveling toe te pas en ’n geregtelike ondersoek na staatskaping in te stel.”

Sy is ’n onaktiewe ANC-lid.

“Ek kan my ANC-lidmaatskap opgee voordat dit volgende jaar verval.”

Mentor is ’n boorling van die Noord-Kaap, waar sy ’n onderwyskundige in regeringsdepartemente was voordat sy ’n ANC-LP geword het.

Haar boek beskryf ook haar stryd as portefeulje­komiteevoorsitter om korrupsie by veral staatsinstellings soos Eskom en die SAL by oudpres. Kgalema Mo­tlanthe aan te meld, wat haar sonder welslae na ministers en Zuma, toe nog net president van die ANC, verwys het.

Sy sê haar volgende boek gaan meer “skokkende” onthullings bevat.

No Holy Cows is by Exclusive Books beskikbaar.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.