Baba ’n eerste vir hospitaal

2017-10-11 06:02
Klein Owam Shumi het op Sondag 1 Oktober omstreeks 09:40 die eerste baba geword wat by die nuwe Lenmed Royal-hospitaal-en-hartsentrum in Kimberley gebore is. Sy is met ’n keisersnee in die wêreld gebring en het met geboorte net 1 160 g geweeg.Foto: Christiaan Cloete

Klein Owam Shumi het op Sondag 1 Oktober omstreeks 09:40 die eerste baba geword wat by die nuwe Lenmed Royal-hospitaal-en-hartsentrum in Kimberley gebore is. Sy is met ’n keisersnee in die wêreld gebring en het met geboorte net 1 160 g geweeg.Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Dit was glo met ’n geskop en ’n geskree dat Owam Shumi, die eerste baba wat by die nuwe Lenmed Royal-hospitaal-en-hartsentrum in Kimberley gebore is, in die wêreld gebring is.

Owam was op Sondagoggend 1 Oktober die eerste baba wat in dié hospitaal se neonatale hoësorgeenheid gebore is en het net 1 160 g by geboorte geweeg.

Sy is die dogter van Thembeka Shumi (25) en Kagisho Modise (37), albei werksaam by die Shoprite in Chapelstraat in Kimberley – Thembeka as ’n voorraadklerk en Kagisho by die goedere-afdeling.

Volgens sr. Pearl Alexander, eenheidsbestuurder van die neonatale hoësorgeenheid, was Thembeka 30 weke swanger toe daar besluit is om die baba weens die ma se verhoogde bloeddruk met ’n keisersnee in die wêreld te bring om verdere komplikasies te vermy.

Dr. Lizel Brits, ’n ginekoloog, het Thembeka gehelp om geboorte te gee, met dr. Esta van Niekerk, ’n pediater, wat haar bygestaan het.

Sr. Annalize Swan, wat gedurende die geboorte in die teater gehelp het, sê dat alles vlot verloop het en dat Owam gehuil het vandat sy gebore is, wat ’n goeie teken is.

Volgens Hector Mackay, hospitaalbestuurder, is Owam se gewig net ’n derde van die gewig van ’n normale pasgebore baba.

Volgens Alexander is Owam die eerste dag aan ’n ventilator gekoppel om haar met asemhaling te help. Daarna is sy van die ventilator ontkoppel en suurstof gegee.

Volgens haar is daar reeds die Dinsdag met voeding begin.

“Sy doen eintlik goed vir so ’n klein babatjie. Sy is ’n klein vegtertjie. Sy skop en trap en pluk als,” het Alexander skertsend gesê.

Volgens haar sou Owam in die broeikas bly totdat sy goed aangepas is, ’n goeie suigrefleks het en die ma goed voorberei is om vir haar te sorg.

Die hospitaal se hartkateteriserings­laboratorium vir gespesialiseerde hartsiektebehandeling – ’n eerste in sy soort in die Noord-Kaap – behoort volgens Mackay teen November in bedryf te wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.