Barmhartiges kuier in Kby

2016-07-06 06:00
VAN links is Miguel Thomaz, Jason Knoetze en Yorke Scott van Pretoria te voet na Kaapstad op pad. Hulle beoog om met hul Running for Hope-reis van sowat 1 600 km meer as R50 000 in te samel.  Foto: Christiaan Cloete

VAN links is Miguel Thomaz, Jason Knoetze en Yorke Scott van Pretoria te voet na Kaapstad op pad. Hulle beoog om met hul Running for Hope-reis van sowat 1 600 km meer as R50 000 in te samel. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DRIE jong mans van Pretoria wil die afstand tussen die Jakarandastad en Kaapstad (bykans 1 600 km) te voet aflê om geld in te samel vir kinders wat aan fetale alkohol-spektrumafwykings (Fasa) ly.

Jason Knoetze (27), Yorke Scott (25) en Miguel Thomaz (25) het op 16 Junie uit Pretoria vertrek en beoog om op 25 Julie in Kaapstad aan te kom.

Volgens Knoetze sal hul reis 40 dae duur waartydens hulle elke dag ’n gemiddelde afstand van 50 km tot 52 km per voet sal aflê. Dit sluit volgens hom rusdae in.

“Ons hoop om een dag te rus vir elke drie dae wat ons hardloop,” sê Knoetze.

Die drie mans het op Dinsdag 28 Junie, die 13de dag van hul reis, ’n draai in Kimberley gemaak.

Lede van ER24 in Kimberley het hulle op die R64 tussen Boshoff en Kimberley ontmoet en hulle tot in die stad vergesel.

Hulle is die aand met ’n welverdiende ete in ’n restaurant in Kimberley bederf. Die volgende oggend het hulle hul reis met die N12 langs voortgesit.

Volgens Thomaz staan hulle elke oggend omstreeks 04:00 op om teen 05:00 reeds op pad te wees. Hulle vermy groot snelweë soos die N1 tussen Pretoria en Kaapstad en draf hoofsaaklik op minder besige roetes.

Volgens Knoetze is die plan om R50 000 vir die Home of Hope in Kaapstad, ’n plek van veiligheid vir kinders wat aan Fasa ly, in te samel.

“Kinders wat aan fetale alkohol-spektrumafwykings ly, begin weens hul ouers se verkeerde besluite die lewe op ’n slegte voet. Ons wil graag help en, deur middel van ons reis, hoop aan mense gee,” sê Scott.

Die idee vir die reis het glo alles met Knoetze se droom begin om eendag tussen Pretoria en Kaapstad te hardloop.

Volgens hom is dit iets wat hy al die afgelope ses jaar wou doen. Hy het toe die ander twee daarby betrek en besluit om die reis ten bate van liefdadigheid aan te pak.

Knoetze, Scott en Thomaz is almal lede van die Hatfield Christian Church.

  • Vir meer inligting oor die Running for Hope-span se reis of om by hul liefdadigheidsprojek betrokke te raak, besoek die webwerf www.runningforhope.costet sonder za of gaan na die Facebook-blad.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.