Block, Scholtz se borgtog verleng

2016-12-14 06:02
John Block, gewese Noord-Kaapse ANC-leier en veroordeelde misdadiger, het Woensdag (07/12) ’n ligblou pak klere gedra – anders as sy gebruiklike donkergrys pakke. Foto: Emile Hendricks

John Block, gewese Noord-Kaapse ANC-leier en veroordeelde misdadiger, het Woensdag (07/12) ’n ligblou pak klere gedra – anders as sy gebruiklike donkergrys pakke. Foto: Emile Hendricks

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

John Block, gewese Noord-Kaapse ANC-leier en LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, en Christo Scholtz, sy medebeskuldigde, se borgtog is Woensdag (07/12) verhoog en verleng.

Hulle is borgtog van ’n bykomende R50 000 elk in die hooggeregshof in Kimberley toegestaan nadat hul aansoeke om verlof tot appèl tot 6 Februarie aanstaande jaar uitgestel is.

Dié twee is elk op Dinsdag 6 Desember effektief tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens korrupsie en geldwassery in die Trifecta-korrupsiesaak. Beslagleggingsbevele is ook teen hulle toegestaan en Scholtz se Trifecta-maatskappye moet boetes op soortgelyke aanklagte betaal.

Regter Violet Phatsoane het verlede jaar in haar skuldigbevinding bevind Block het sy invloed gebruik sodat Trifecta huurkontrakte teen ongehoorde pryse met die staat kon bekom. Dié ses huurkontrakte van geboue in Kimberley, Kuruman, Douglas en Springbok het sowat R57 miljoen oor tien jaar beloop.

Adv. Jaap Cilliers, SC, namens Scholtz, het aansoek om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding, die vonnis en die beslagleggingsbevel gedoen. Hy het uitstel gevra omdat hy tyd nodig het om die regter se uitspraak te bestudeer.

Scholtz glo hy het ’n redelike kans dat sy appèl suksesvol sal wees.

Adv. Salie Joubert, SC, het namens Block gesê dat hy teen die skuldigbevinding en die vonnis gaan appelleer. Hy sal die batebeslaglegging gehoorsaam en teen 6 Januarie die R2 miljoen en kuratorsgeld aan die tesourie betaal.

Block reken die kanse dat sy appèl suksesvol gaan wees, is goed, omdat hy op twee aanklagte wat op dieselfde feitestel gegrond is, skuldig bevind is.

Hy gaan ook binne die volgende 21 dae ’n petisie aan die appèlhofpresident stuur waarin hy beswaar maak dat Phatsoane sy aansoek vir ’n spesiale inskrywing in die hofrekord afgewys het.

Block beweer Phatsoane was bevooroordeeld en partydig teenoor hom in haar skuldigbevinding. Die klagte teen haar wat by die regterlike dienskommissie ingedien is, sal onafhanklik van die hofproses gebeur. Adv. Peter Serunye vir die staat het nie die borgtogaansoek teengestaan nie. Hy sal betooghoofde teen die aansoeke om verlof tot appèl in Januarie indien.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/World
 

Cute pet pictures can improve your relationship!

It’s true! A new study shows animal pics can bring back the spark.

 
 

Paws

7 weirdly awesome pets you can own
Pack theory: fact or fiction?
Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead
SA stats: The role of pets in families
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.