Cyril sit hand by

2016-04-27 06:00
ADJ.PRES. CYRIL RAMAPHOSA wend sy beste pogring aan om self met die masjien te werk wat die bakstene vervaardig.  Foto’s: Ilse Watson

ADJ.PRES. CYRIL RAMAPHOSA wend sy beste pogring aan om self met die masjien te werk wat die bakstene vervaardig. Foto’s: Ilse Watson

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JULLE leer nou nuwe vaardighede en julle stap hier weg met iets in jul hande wat waardevol is. Nou moet julle met geesdrif jul vaardighede verder ontwikkel en aan jul toekoms werk.”

Dít was die boodskap van adj.pres. Cyril Ramaphosa toe hy Vrydag (22/04) in Kuruman met werkers gesels het wat betrokke is by verskeie projekte wat deur die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke aangebied word.

By een van hierdie projekte is werkers aangestel om bakstene self te vervaardig en hulle gebruik dit om ’n pad van 400 m te bou.

Ramaphosa het geesdriftig met die werkers gesels en na hul vrae en probleme geluister. Hy het nie vir een oomblik geskroom om aan hulle sinvolle raad te gee nie.

Een van die werkers wou weet of hulle ’n sertifikaat vanaf die regering sou kry vir die vaardighede wat hulle aangeleer het. Hy het bevestig dat dit belangrik is dat die regering wel vir hulle so ’n sertifikaat moet uitreik.

Hoewel hy aan hulle verduidelik het dat die tekort aan geld in die regering tans ’n groot kwessie is, het hy hulle tog moed ingepraat.

“Jy verdien nou geld en jy kan brood op die tafel sit. Dit is ’n positiewe stap in die rigting van ’n nuwe lewe.”

Self het hy ook aan hulle raad verskaf oor hoe om ’n entrepreneur te word.

“Weet julle hoeveel bakstene wat julle gemaak het, nou hier lê? Weet julle hoeveel gebreek het? ’n Mens móét rekord hou van alles wat jy in jou besigheid doen.”

Een van die werkers, Thabo Molaolwe, is egter nie so tevrede met dié projek nie.

“Ons kontrak het oor ses maande gestrek en dit het reeds ’n maand gelede verval. Maar omdat die werk nog nie voltooi is nie, het hulle ons teruggebring om die projek te voltooi. Ons het nog vir ’n maand werk. Wat gaan ons dan doen?” het hy gesê.

Die premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, sê die werkoosheid in die Kuruman-omgewing is een van die belangrikste kwessies wat die regering moet aanpak.

“Die projekte wat tans aan die gang is, gee mense die geleenthede om te werk, vaardighede te ontwikkel en dit gee ook hoop vir ’n beter toekoms. Werkloosheid kán aangepak en opgelos word. Dit is wat ons hier doen.”

Daar is ook talle ander projekte van die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke buiten die vervaardiging van bakstene.

Onder meer kan vrywilligers deel word van die maatskaplike misdaadvoorkomingsprogramme en werkers is ook in diens geneem om afvalbestuur in die Ga-Segonyana- munisipale distrik te doen.

Ná hul besoek aan die baksteenprojek het hulle die vullisterrein in Wrenchville besoek.

Ramaphosa het sy besoek afgesluit en gesê om al die verskillende projekte wat aan die gang is, te besoek, was vir hom waardevol en dat hy opgewonde is om te sien hoe hard mense werk en hoe hulle aan hul toekoms bou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.