DA-sege bring lig ná twee moorde

2016-11-16 06:00
Ondersteuners van verskillende politieke partye het Woensdag (09/11) met hierdie kartonkis op hul skouers geloop asof hulle ’n begrafnis bywoon. Dit was ten tyde van ’n tussenverkiesing in wyk 2 (Kuilsville) in Daniëlskuil waar ’n nuwe raadslid verkies is. Johannes Baaitjie, DA-raadslid in die wyk, is in Augustus vanjaar vermoor.

Ondersteuners van verskillende politieke partye het Woensdag (09/11) met hierdie kartonkis op hul skouers geloop asof hulle ’n begrafnis bywoon. Dit was ten tyde van ’n tussenverkiesing in wyk 2 (Kuilsville) in Daniëlskuil waar ’n nuwe raadslid verkies is. Johannes Baaitjie, DA-raadslid in die wyk, is in Augustus vanjaar vermoor.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Lecrecia Prins

Trane van vreugde het in Daniëlskuil gevloei toe die nuus bekend geword het dat die DA Woensdag (09/11) weer wyk 2 (Kuilsville) in die tussenverkiesing gewen het.

Andrew Louw, DA-leier in die Noord-Kaap, sê hy kon die emosie in die oë van familielede van wyle Johannes Baaitjie, DA-raadslid in dié wyk, sien.

Die tussenverkiesing moes gehou word nadat Baaitjie in Augustus vermoor is.

“Die uitslag van die tussenverkiesing is ’n groot sege, nie net vir die party nie, maar ook vir die inwoners van Daniëlskuil en die familie van Johannes Baaitjie.

“Trane van vreugde het oor hul gesigte gestroom toe hulle hoor ons het gewen. Die oorwinning is histories en emosioneel, omdat die dorp gewys het hy staan vir die waarheid en verandering.

“Ons beplan nou om saam met ons vennote die basiese dienste in Daniëlskuil te lewer.

“Om te verseker dat mense toegang tot water het, vullisverwydering plaasvind, inwoners rekeninge ontvang sodat hulle kan sien waarvoor hulle betaal en die munisipaliteit toeganklik vir alle inwoners is.”

Ebrahim Sulliman, die nuutverkose DA-raadslid, sê daar is verskeie faktore wat bygedra het tot die DA se oorwinning.

“Een daarvan is dat die inwoners my persoonlikheid ken, hulle weet watter soort mens ek is. Ek was 30 jaar in die onderwys. Ek het ook ’n politieke agtergrond. Die Kgatelopele Community Forum (KCF) het my ook baie gesteun.

“Ons het die ANC vermorsel. Hierdie gebied was vir jare lank ’n sterk ANC-gebied en nou het hy geval van 70% tot minder as 15%. Groot dinge gebeur in klein dorpe en ek glo die DA kan in 2019 die Noord-Kaap oorneem.”

Elkin Topkin, bedryfsbestuurder van die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) in die Noord-Kaap, sê gemoedere het deurgaans hoog geloop.

Die DA het 72,07% van die stemme gekry en 63,69% van die geregistreerde kiesers het gaan stem.

Ander kandidate wat in die wyk gestaan het, was Wilhelmina Tsokolibane van die Economic Freedom Fighters (EFF) en Collin Lessing van die ANC.

  • Die beskuldigdes in die moordsaak op Baaitjie en sy sakevennoot verskyn weer op 29 November in die hof.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.