Deurwinterde sangers tree op

2017-08-23 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Coenie de Villiers en Mathys Roets is twee van die deurwinterde en ervare musikante wat hierdie jaar by die Gariep Kunstefees, wat van 31 Augustus tot 3 September in die Oppenheimertuin in Kimberley plaasvind, sal optree.

Met De Villiers wat oor die afgelope vier dekades gehelp het om die landskap van Suid-Afrikaanse – en in spesifiek Afrikaanse – musiek te help vorm, en Roets wat hierdie jaar 21 jaar in die musiekbedryf vier, bring die twee gesamentlik meer as 60 jaar se ervaring na die verhoog.
)
Coenie de Villiers in Konsert
is op Vrydag 1 September om 19:00 in die William Humphreys-kunsmuseum te sien.

Suid-Afrika se voorste klaviervirtuoos, liedjieskrywer en sanger keer hierdie jaar terug na die verhoog by die Gariepfees met ’n potjiekos van musikale genot.

  • Hy sal van sy bekendste treffers soos Namakwaland,Karoonag en Daar’s ’n Plek speel, maar roer ook nuwe materiaal by vanaf sy nuwe suksesvolle album, Emoji. Op Saterdag 2 September om 16:00 sal Mathys Roets in die William Humphreys-kunsmuseum te sien wees in Mathys Roets – 21 jaar in die musiekbedryf.

Vanjaar se vertonings is ’n nostalgiese terugblik op sy sangloopbaan. Kom luister na sy stories oor die sangers en liriekskrywers saam met wie hy die pad geloop het.

  • Verlustig jou in sy sielvolle vertolking van die mooiste ballades, soos die musiek van onder andere Koos du Plessis, Leonard Cohen en Lucas Maree, en verwonder jou opnuut aan besonderse lirieke van liedjieskrywers soos Piet van Wyk de Vries. Kaartjiebesprekings vir die Gariep Kunstefees kan nou gedoen word.

Besprekings kan by alle Computicket-takke, by enige Shoprite Checkers en op www.computicket.com gedoen word.

Besoek www.gariepfees.co.za vir meer inligting.

GariepGeite, die amptelike feesboekie, is reeds by die feeskantoor by Du Toitspanweg 157 beskikbaar.

Die kaartjiekantoor by die Garden Court-hotel in Du Toitspanweg 120 is ook oop vir verkope.

Skakel die feeskantoor by 053-832-5014/7.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.