Duiwe haal hoë pryse op veiling

2017-04-26 06:02

Duiweliefhebbers was Saterdag (22/04) op ’n posduif-veiling in Kimberley bereid om sakke vol geld te betaal vir dié vinnige geveerde voëltjies.

Die Kimberley Homing Society (KHS) het Saterdag ’n suksesvolle veiling van die Miljoen Dollar-wedvlugduiwe gehad, met ’n totale veiling-opbrengs van bykans R161 000 vir die bykans 45 duiwe wat opgeveil is.

Altesaam 44 van die voëls is opgeveil nadat een wedvlugduif weens siekte onttrek is.

Die veiling is Saterdag­oggend by die KHS se klubhuis op die hoek van Petrusstraat en Swannsweg in Kimberley gehou.

Die hoogste prys op die veiling was R35 100 wat betaal is vir ’n duif genaamd Supercrack 59 uit Amerika.

’n Ander duif uit Nederland, genaamd Ubri, is vir so veel as R22 000 opgeveil, terwyl ’n duif genaamd Gangsta Of Love R27 000 gehaal het.

Twee van die duiwe, A1 Blue Chip en 5 Star General, is onderskeidelik vir R11 000 en R11 100 opgeveil.

’n Bedrag van R350 is die laagste prys waarvoor enige wedvlugduif op dié dag opgeveil is.

Volgens Kobus Lamberts, sekretaris van die KHS, is dit die top-duiwe se genetiese eienskappe en voortplantingspotensiaal wat hulle so gesog onder duiwetelers maak.

Voor die aanvang van die veiling het potensiële kopers bykans ’n uur gehad om die duiwe wat op veiling gegaan het, van naderby te beskou.

Volgens Lamberts let kopers veral op die algemene voorkoms, oë, kop, keel, vere en spiere, rug, bors- en ysbene, vlerke, al­gemene liggaamsbou en “oogteken” van die wedvlugduiwe om hul gehalte te bepaal.

Al die duiwe wat opgeveil is, het aan die onlangse Miljoen Dollar-wedvlug, wat vroeër vanjaar plaasgevind het, deelgeneem.

Die duiwe wat aan die wedvlug deelgeneem het en teruggekom het, word jaarliks opgeveil om kostes van die wedvlug te dek.

Dié voëls wat opgeveil is, sluit heelwat Suid-Afrikaanse wedvlugduiwe in, asook buitelandse wedvlugduiwe wat uit lande soos Amerika, Kanada, Brittanje, Duitsland, Nederland, België, Australië, Saoedi-Arabië en Koeweit afkomstig is.

Hoewel die meeste van die duiwe aan plaaslike kopers verkoop is, was daar ook belangstelling van plekke so ver as Amerika.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/Africa
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.