Dwelms speel rol in daad

2017-05-17 06:00
Boipelo (links) en Lerato Kotoloane, susters van Thabo Kotoloane, wat in November 2013 vermoor is. Foto: Lecrecia Prins

Boipelo (links) en Lerato Kotoloane, susters van Thabo Kotoloane, wat in November 2013 vermoor is. Foto: Lecrecia Prins

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Dwelms blyk die grootste faktor te wees in die voorval waarin vyf jong mans ’n oudskoolhoof beroof en vermoor het.

Paseka Kekwakae, Thato Phiri en Thabo Gaobose is skuldig bevind op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede, terwyl Maruping Majee skuldig bevind is op aanklagte van diefstal van ’n voertuig, en Matshwenyego Malili van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Die mans het in November 2013 vir Thabo Joseph Kotoloane, oudskoolhoof van die Olebogeng Middle School in Camden naby Kuruman, by sy huis in Magojaneng, Kuruman, vermoor en sy Toyota Hilux-bakkie gesteel.

Waarnemende regter Sharon Erasmus het in haar uitspraak gesê dit blyk dat die rooftog beplan was. Kekwakae, Phiri en Gaobose het na Kotoloane se huis gegaan om hom te beroof.

“Hy het ernstige trauma teen die kop opgedoen en is van naby geskiet. Hy was vasgebind, in ’n duvet toegedraai, op sy eie bakkie gelaai en in die veld ver van sy huis af gegooi.

“Wat julle dade meer verwerplik maak, is die feit dat die oorledene aan julle bekend was.”

Erasmus sê volgens ’n proefbeampte wat Kekwakae se voorvonnisverslag opgestel het, blyk dit of Kotoloane Kekwakae vertrou het, aangesien Kekwakae hom met takies rondom die huis gehelp het. Hulle het ook aan dieselfde kerk behoort.

Gaobose en Kotoloane het ook mekaar geken. Hy was die klasonderwyser van Gaobose se ma en het al op ’n keer sy ouerhuis besoek om oor Gaobose se negatiewe vriendekring te praat.

Erasmus sê verder in haar uitspraak dit is duidelik, volgens die oorledene se suster en vriendin, dat Kotoloane se dood ’n groot invloed op sy geliefdes se lewens gehad het. Kotoloane het 13 kinders gehad, waarvan vyf onder die ouderdom van 18 is.

Hy het wiskunde-klasse aan gr. 11- en gr.12-leerlinge gegee.

Volgens Kekwakae se pleitverduideliking en voorvonnisverslag het hy in die verlede dagga en alkohol gebruik en dagga en nayope op die dag van die moord en rooftog.

Phiri het ook die dwelm nayope op die dag van die moord geneem. Hy het in sy getuienis gesê indien hy nie met die dwelm geëksperimenteer het nie, hy nie die misdade sou pleeg nie.

Gaobose het in sy getuienis gesê hy het ook dié dag dwelms gebruik.

Kekwakae is 22 jaar tronkstraf opgelê vir moord, 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede en ses maande vir die onwettige besit van ammunisie. Die laaste twee aanklagte sal samelopend met die moord-aanklag uitgedien word.

Phiri het 22 jaar tronkstraf vir die moord gekry en 15 jaar vir die roof-aanklagte. Dit sal samelopend uitgedien word.

Gaobose is 22 jaar tronkstraf opgelê vir die moord en 15 jaar vir die rooftog. Dit word samelopend uitgedien.

Majee is ses jaar tronkstraf opgelê vir die diefstal van die voertuig. Drie jaar van sy vonnis is vir vyf jaar opgeskort.

Malili is ses jaar gevonnis vir die diefstal van die voertuig, agt jaar vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en een jaar vir die onwettige besit van ammunisie. Vier van die ses jaar sal samelopend met die agt jaar uitgedien word.

  • Ronewa Mkaga het aangekla. Adv. Jackie Steytler het namens Kekwakae opgetree, adv. Theo Fourie namens Phiri, adv. Pierre Fourie namens Gaobose en adv. Kenny Pretorius namens Majee en Malili.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.