Gevangenes slaag matriek

2017-01-18 06:01
Percy Khiba is 2016 se topmatrikulant-gevangene van die Tswelopele- Korrektiewe Sentrum in Kimberley. Van links is Martha Bartlett (Noord-Kaapse LUR vir onderwys), Subashini Moodley (streekskommissaris van die depar-tement van korrektiewe dienste in die Noord-Kaap en Vrystaat), Khiba en prof. Yunus Ballim (vise-kanselier van die Sol Plaatje-universiteit).  Foto’s: Christiaan Cloete

Percy Khiba is 2016 se topmatrikulant-gevangene van die Tswelopele- Korrektiewe Sentrum in Kimberley. Van links is Martha Bartlett (Noord-Kaapse LUR vir onderwys), Subashini Moodley (streekskommissaris van die depar-tement van korrektiewe dienste in die Noord-Kaap en Vrystaat), Khiba en prof. Yunus Ballim (vise-kanselier van die Sol Plaatje-universiteit). Foto’s: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Altesaam 17 matrikulant-gevangenes van die Tswelopele- Korrektiewe Sentrum in Kimberley het in 2016 moeilike omstandighede oorkom en hul nasionale seniorsertifikaat-eksamen agter tralies geslaag.

Drie van hulle het boonop met universiteitstoelating geslaag.

Volgens Subashini Moodley, streekskommissaris van die departement van korrektiewe dienste in die Noord-Kaap en Vrystaat, het 23 gevangenes van die korrektiewe sentrum vanjaar die eksamen geskryf.

Dit is heelwat meer as die 12 gevangenes wat in 2015 die eksamen aangedurf het.

“Hoewel 2016 se slaagsyfer van 73,91% by die Tswelopele- Korrektiewe Sentrum heelwat laer is as die 92% in 2015, is ons nogtans bly dat meer studente hierdie keer met toelating geslaag het,” het Moodley gesê.

Sy het Dinsdag 10 Januarie tydens ’n besoek aan die Tswelopele- Korrektiewe Sentrum al die gevangenes wat hul matriekeksamen geslaag het geluk gewens en gesê sy hoop dat meer gevangenes die 2017 nasionale seniorsertifikaat-eksamen sal aflê.

Volgens haar het al ses matrikulant-gevangenes wat nie geslaag het nie, toegang tot aanvullende eksamens gekry.

“Die eksamens is vir Februarie geskeduleer en ons doen ons bes om hulle vir die eksamen voor te berei sodat hulle beter kan presteer.”

Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, Martha Bartlett, het tydens die geleentheid gesê sy is trots op al die gevangenes wat hul matriek geslaag het.

“Die blote feit dat hulle die moed gehad het om matriek te skryf, ongeag al die teëspoed, is reeds indrukwekkend,” het Bartlett gesê.

Sy het diegene wat matriek geslaag het ook aangemoedig om verder te studeer en hul horisonne te verbreed.

“Julle moet mik vir die wolke, selfs hoër as die wolke,” het Bartlett hulle aangemoedig.

Percy Khiba, 2016 se topmatrikulantgevangene, het in ’n kort toespraak vertel hoe hy en sy mede matrikulant-gevangenes baie “verkeer” (teëspoed) moes trotseer ten einde hul nasionale senior­sertifikaat-eksamen te slaag.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
Travel Dreams? Where would you rather be right now?

Partnered: Whether you're missing family overseas, dreaming of family adventures or romantic hideaways we all have that one place we'd rather be right now - but have you thought about the best way to get there?

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.