Harde werk wag, sê LUR

2016-06-22 06:00
MARTHA BARTLETT, LUR vir onderwys. Foto: Boipelo Mere

MARTHA BARTLETT, LUR vir onderwys. Foto: Boipelo Mere

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KIMBERLEY. – Hoewel die eerste Noord-Kaapse onderwyskongres goed afgeloop het, glo die LUR daar sal kongresgangers wees wat gaan mor oor die harde werk wat wag.

Martha Bartlett, LUR vir onderwys, sê die belangrikste doelwit van die kongres was om die provinsie se matriekuitslae en onderwysgehalte te verbeter.

Die Noord-Kaap se onlangse slaagsyfer van 69,4% was beduidend laer as die vorige jaar se 76,4%.

Die provinsie was van 2001 tot 2003 die topprovinsie in die land. Met die 2015-uitslae het die provinsie tot sesde in die land teruggesak.

Die twee dae lange kongres is deur amptenare, skoolhoofde en beheerliggame van oor die provinsie heen bygewoon.

Hoewel sy beheerliggame ook wil betrek en inlig, wil sy ook oor hul magte en ander aangeleenthede herbesin.

“Hul mag moet ook met verantwoordelikheid gepaardgaan.”

Sy wou nie kommentaar lewer oor ’n hofgeding tussen die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en die Noord-Kaapse onderwysdepartement nie. Fedsas voer aan die departementshoof het hom in ’n onlangse departementsbrief meer magte oor die toelating van leerlinge by skole toegeëien as waarvoor die Skolewet voorsiening maak.

Die departement ontken dit.

Volgens Bartlett is verskeie ondernemings op die kongres aangegaan om gehalteonderwys te bewerkstellig.

“Dit gaan harde werk verg. Daar sal seker diegene wees wat nie daarvan gaan hou nie. Die kongresgangers was dit eens ons moet verbeter.”

Die sleutelbesluite was om:

  • onderwysers verder op te lei en te mentor;
  • vakkeuses meer vaartbelyn te maak;
  • hulpbronne soos skoolboeke beter te benut;
  • beurse aan leerlinge in afgeleë plekke beskikbaar te stel;
  • gr. O-onderwysers se diensvoorwaardes te heroorweeg;
  • gemeenskappe by onderwysveldtogte te betrek;
  • ’n amptenaar in elke distrik aan te stel wat slegs op gehalteonderwys fokus:
  • beheerliggame op te lei om sakeplanne op te stel; en
  • die sakesektor aan te moedig om in onderwys en skole te belê.

Verder is besluit dat hooggeplaaste politici skole gereeld moet besoek, sport bevorder moet word, skool-
koshuise gereeld geïnspekteer moet word, bendes, afknouery en vandalisme bekamp moet word en vervoerkomitees in elke distrik gevestig sal word.

Bartlett sê hulle gaan voortaan jaarliks ’n onderwyskongres hou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.