Historiese 200 jaar gevier

2016-03-30 06:00
DIE plaaswoning in Kuruman by die Robert Moffat-sendingstasie waar Robert Moffat en sy vrou, Mary, gewoon het.     Foto: Ilse Watson

DIE plaaswoning in Kuruman by die Robert Moffat-sendingstasie waar Robert Moffat en sy vrou, Mary, gewoon het. Foto: Ilse Watson

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE historiese Robert Moffat-sendingstasie in Kuruman vier vanjaar sy 200ste bestaansjaar.

Dit is hier waar die eerste Bybel in Setswana vertaal is, die eerste Bybel wat in Afrika gedruk is.

Kort nadat Robert Moffat (21 Desember 1795 tot 9 Augustus 1883), ’n Skotse sendeling, in 1817 hier aangekom het, het hy die vertaling begin.

Lede van verskeie geloofsgroepe, burgemeesters en raadslede van verskeie munisipaliteite het op Vrydag 18 Maart ’n spesiale erediens met die steun van die John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit bygewoon.

Die Moffat-sendingstasie was twee jaar lank vir restourasie gesluit en dié werk duur steeds voort.

Die Nasionale Loterye-kommissie het R13,7 miljoen vir die restourasiewerk beskikbaar gestel. Aanvanklik was die versterking van die dak van die kerkgebou die hooffokus.

Peter Nanzana, hoof van kommunikasie by John Taolo Gaetsewe, sê die vieringe sal vir die volgende vyf jaar voortduur.

Hy het in ’n nuusverklaring gesê by die vieringe sal meestal lede van verskeie sinodes betrek word en dit sal ook deur hulle gelei word.

Navorsing sal ook deur akademici gedoen word om lig te werp op wie almal by die vestiging van die sendingstasie, insluitende plaaslike mense, betrokke was, het hy gesê.

Kudzani Ndebele, uitvoerende direkteur van die Robert Moffat-sendingstasie, sê ’n teologiese konferensie sal ook gehou word om oor die toekoms van sendingwerk te besluit.

Die sendingstasie is ’n erfenisterrein en die meeste van die geboue is in hul oorspronklike toestand gelaat om besoekers die geleentheid te gee om werklik die gevoel te kry van hoe dinge 200 jaar gelede gewerk het toe die eerste sendelinge in die gebied aangekom het.

Sommige dokumente wat by die sendingstasie gedruk is, word in museums in Kimberley gehou en ook by verskeie universiteite in Engeland bewaar. Die sendingstasie sal binnekort ’n argiefgebou oprig om die dokumente wat in ander lande is, te huisves.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.