Hoë vra studente om eenheid te hou

2016-12-14 06:01
Die tesourier-generaal van die ANC, Zweli Mkhize, spreek Maandag (12/12) lede van die South African Students Congress (Sasco) toe op die studentebeweging se nasionale algemene raadsvergadering by die West End-klub in Kimberley.  Foto’s: Christiaan Cloete

Die tesourier-generaal van die ANC, Zweli Mkhize, spreek Maandag (12/12) lede van die South African Students Congress (Sasco) toe op die studentebeweging se nasionale algemene raadsvergadering by die West End-klub in Kimberley. Foto’s: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n ANC-hoë het Maandag (12/12) lede van die South African Student Congress (Sasco) gemaan om hulle van die nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese ideale van die organisasie te vergewis.

Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, het meer as tien minute van sy toespraak by Sasco se nasionale algemene raadsvergadering in Kimberley gewy om hulle van die organisasie se geskiedenis te vertel.

Mkhize, wie se naam vroeër vanjaar ter tafel gelê is as ’n moontlike opvolger vir Zuma, het gesê die organisasie is oorspronklik gestig om eenheid tussen mense ten tyde van die be­vrydingstryd te bevorder

“Julle moet ook kyk na die verskillende rassegroepe wat die organisasie destyds verteenwoordig het en dit vergelyk met hoe die organisasie vandag lyk,” het Mkhize gesê.

Mkhize het lede van Sasco herinner dat die liggaam (Sasco) destyds as ’n groot mylpaal gesien is waar dit by die bevordering van demokrasie, eenheid, nie-rassigheid en nie-seksisme kom.

“Ek dink julle moet dit altyd in gedagte hou. Voor die stigting van Sasco het studente gedebatteer oor of dit in praktyk moontlik sou wees om ’n enkele nie-rassige studenteorgani­sasie te hê en Sasco was die antwoord op hierdie vraag,” het Mkhize gesê.

“Ek hoop dat ’n gedeelte van jul besprekings by hierdie raadsvergade-ring oor kwessies van beleid en idologie van die organisasie sal han-del,” het hy gesê.

Mkhize het gesê hy hoop dat daar oor gratis onderrig gedebatteer sal word, aangesien dit ’n kwessie is waaroor daar al jare lank kopgekrap word.

Hy het gevra vir enigheid tussen Sasco, die Jong Kommunisteliga en ander jeugorganisasies en weer eens benadruk dat eenheid die uitweg is.

Mkhize het gesê dat eenheid een van die belangrikste elemente is.

Hy het ook gewaarsku teen mense wat die ANC sien as ’n kortpad na mag. Mkhize het gesê dat laasge-noemdes enige iemand uit hul pad sal stamp, die party in die verleentheid sal stel en die partyreëls sal breek vir eie gewin. Hy het ook gewaarsku teen korrupsie en die gevare van eiebelang.

Mkhize het gesê hy sal nie graag wil sien hoe jong mense ’n gebroke ANC erf wat verdoem is om te misluk nie,

“Ek wil sien hoe julle ’n ANC erf wat sal voortbestaan en aanhou om te regeer,” het Mkhize gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.