Inkopies raak groter uitstappie

2016-11-09 06:00
Die nuwe ingang van die Diamond Pavilion Mall (aan Fruit & Veg City se kant). Foto’s: Christiaan Cloete

Die nuwe ingang van die Diamond Pavilion Mall (aan Fruit & Veg City se kant). Foto’s: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Met Kersfees om die draai word die uitbreidings van sowat R130 miljoen by die Diamond Pavilion Mall in Kimberley stadig maar seker voltooi.

Die winkelsentrum spog reeds met verskeie splinternuwe winkels, wat ’n Old Khaki, Mr. Price Sport en Bridal Boutique insluit, en die projek behoort teen einde van Maart 2017 kant en klaar te wees.

Wat die opknappings betref, sal die splinternuwe vergrote Woolworths Food, wat teen die einde van November klaar sal wees, die kroon span.

Inkopiegangers kan ook uitsien na ’n vergrote Edgars, wat teen die einde van November voltooi sal wees, asook ’n FNB, wat aan die begin van Desember klaar sal wees.

Die parkeerplekke in die bestaande onderdakparkeerterrein op die tweede en derde vlak is bykans verdubbel en bly steeds gratis.

Hierdie parkeerterreine is met roltrappe en hysers met die Diamond Pavillion Mall verbind en bied maklike en gerieflike toegang tot die sentrum.

Inkopiegangers kan nou onderdak parkeer wanneer hulle die Fruit & Veg City oorkant die parkeerterrein besoek.

Die nuwe ingang aan die oostekant (Fruit & Veg City se kant) spog nou met glashysers en moderne roltrappe wat aangeskakel word sodra sensors beweging optel.

Die winkelsentrum se bestuur het egter besluit om tot ná die Kerstyd die roltrappe deurentyd aan te hou.

Die oostelike fasade van die winkelsentrum spog ook met ’n vars nuwe ontwerp, wat enorme glasvensters insluit.

Volgens Pravash Authar van BAU Design Africa, wat die nuwe ingang ontwerp het, verenig die nuwe ontwerp elemente van die ou winkelsentrum met die vars, nuwe voorkoms van die winkelsentrum.

Die winkelsentrum, wat aanvanklik ’n vloerruimte van 28 000 m² beslaan het, sal wanneer al die uitbreidings klaar is ’n vloerruimte van sowat 40 000 m² beslaan.

Die hernuwingsprojek het in Mei 2015 begin en behoort teen 2017 Maart kant en klaar te wees, wanneer die vergrote Woolworths heeltemal klaar is.

Die Diamond Pavillion Mall lok jaarliks bykans 5,5 miljoen voete.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.