Kanale stuit oorstromings

2017-09-20 06:01
’n Opknappingsprojek van R496 miljoen sal help om Galeshewe se strate meer bestand teen vloede te maak deur ’n netwerk van stormwaterkanale wat oor bykans 109 km strek, te voltooi. Die projek sal help om oorstromings, soos dié in 2009 en 2011, te voorkom. Foto: Martin Tsatsimpe

’n Opknappingsprojek van R496 miljoen sal help om Galeshewe se strate meer bestand teen vloede te maak deur ’n netwerk van stormwaterkanale wat oor bykans 109 km strek, te voltooi. Die projek sal help om oorstromings, soos dié in 2009 en 2011, te voorkom. Foto: Martin Tsatsimpe

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die nasionale tesourie het ’n bedrag van R496 miljoen vir die opknapping van stormwaterkanale in die Sol Plaatje-munisipaliteit goedgekeur.

Die geld sal gebruik word om ’n netwerk van stormwaterkanale, wat oor bykans 109 km strek, te voltooi.

Volgens die uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, Mangaliso Matika, sal die projek oor ’n tydperk van drie jaar strek.

Daar sal hoofsaaklik op gebiede in Galeshewe gefokus word.

Die gebiede in Galeshewe is in besonder langs Nobengulastraat tot by Greenstraat en die gebied noord van John Dakastraat tot by Pnielweg.

Die ooreenkoms is onlangs op ’n vergadering van die nasionale tesourie en ’n span van die Sol Plaatje-munisipaliteit beklink en verlede week deur die burgemeester aangekondig.

Die projek sal glo help om bykans 200 tydelike werksgeleenthede te skep.

Dit volg ook kort op die hakke van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se aankondiging dat kruisings buite Kimberley opgeknap sal word.

Laasgenoemde projekte, waardeur drie kruisings buite Kimberley verbeter sal word om dit veiliger te maak en wat oor ’n tydperk van 12 maande strek, sal volgens Matika 104 werksgeleenthede skep.

Dit sal verligting aan die gemeenskap van Kimberley in swaar ekonomiese tye bied.

Die gebrek aan ’n voldoende stormwater-dreineringstelsel het in 2009 en 2011 tot gevolg gehad dat verskeie huishoudings deur oorstromings in Galeshewe geraak is, veral langs Nobengulastraat tot by Selekestraat en in Bloemanda.

Meer as 200 huishoudings is geraak toe die Kagisho-retensiedam se walle in 2011 gebars en oorstromings veroorsaak het.

Matika het op ’n mediakonferensie gesê dat die vloede van 2009 en 2011 steeds nie vergete is nie.

“Hoewel die blaam vir hierdie voorval nie suiwer voor die Sol Plaatje-munisipaliteit se deur gelê kan word nie, het die munisipaliteit weens die omvang van die skade aan eiendom besluit om families te help om van hierdie ramp te herstel.

“Sedertdien het ons lewensvatbaarheidstudies gedoen en na maniere gekyk hoe die uitwerking van vloede op laagliggende gebiede versag kan word,” sê Matika.

Volgens Matika het die departement van menslike nedersettings en samewerkende regering meer as R8 miljoen bestee om die fondamente van 84 huise in Bloemanda te lig om dit meer bestand teen vloede te maak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.