Kby se tariewe van hoogste in die land, meen SAKP

2016-11-02 06:05
Norman Shushu, die SAKP se provinsiale sekretaris, spreek die partylede voor die burgersentrum toe.  Foto: Charné Kemp

Norman Shushu, die SAKP se provinsiale sekretaris, spreek die partylede voor die burgersentrum toe. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die SAKP eis dat die elektrisiteitstariewe van die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley onmiddellik hersien word.

Die party meen dié tariewe is veels te hoog.

Die Noord-Kaapse Sakekamer (Nocci) is ook van mening dat tariewe te hoog is, maar skryf dit toe aan verskillende kommissiestrukture wat deur winkeleienaars gehef word.

Norman Shushu, provinsiale sekretaris, het die griefskrif verlede Vrydag (28/10) aan Mangaliso Matika, uitvoerende burgemeester, oorhandig.

Die vreedsame optog was deel van die Rooi Oktober-veldtog.

Shushu sê hulle het rekenmeesters en kenners geraadpleeg oor die “hemelhoë” elektrisiteitstariewe.

“Ons is seker dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) sedert 2011 twee keer gehef word. Dit is onbillik en onregverdig teenoor inwoners, veral die armstes.

“Indien die munisipaliteit van die toegelate tariewe en heffings afgewyk het, is inwoners nie daaroor ingelig nie. Die verkeerdelike dubbelheffing van BTW maak ons tariewe van die hoogste in die land.

“Die raad moet deursigtig in sy voorleggings aan Nersa wees. Die winsgrens van elektrisiteitsverkope aan inwoners moet duidelik aangedui word.

“Ons wil weet hoe die berekenings gedoen is wat winste aandui.

“Dit kom voor of die raad tariewe hef wat aan inflasie gekoppel is. Dit is ook onduidelik hoe die bloktariewe bereken word.

“Die hooggeregshof het in Augustus vanjaar beslis dat Nersa onregmatig toegelaat het dat die Sol Plaatje-munisipaliteit sy tariewe verhoog. Ons het bewyse dat ons munisipaliteit onredelike hoë tariewe hef in vergelyking met ander munisipaliteite. Dit is selfs hoër as Johannesburg en Pretoria.

“Ons eis dat tariewe terugwerkend van 2011 herbereken word en dat inwoners vergoed word.”

Matika het die griefskrif onderteken.

In sy reaksie het hy gesê die persepsie dat Kimberley se tariewe van die hoogste in die land is, bekommer hom, maar hy wil egter eers bepaal of dié aanname korrek is.

“Ons gaan ’n taakspan wat al die rolspelers insluit, aanstel om die kwessie te ondersoek. Ons sal voor die einde van Desember verslag oor ons vordering doen.”

Sharon Steyn, uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse Sakekamer (Nocci), sê hulle het die verkeerdelike heffing van BTW in die 2011-’12-boekjaar ontdek en dit by raad en Nersa aangemeld. Die fout is destyds deur die raad erken.

“Die raad het ondanks beloftes nooit die geld aan inwoners terugbetaal nie.

“Die huidige hoë tariewe is nie weens die verkeerdelike heffing van BTW nie. Dit is weens verskillende winkeleienaars wat verskillende tariewe vir elektrisiteit hef.

“Elke winkeleienaar het ’n ander soort masjien waarmee hy elektrisiteit verkoop. Hy moet kommissie aan die masjieneienaar betaal.

“Kommissie word wild en wakker deur winkeleienaars bepaal. Inwoners is in die donker oor wat hulle werklik vir elke eenheid elektrisiteit betaal en wat die kommissie is wat hulle betaal.

“Die goedkoopste en meer bestendige tariewe is by die munisipaliteit te koop. Dit sal egter onmoontlik wees, want inwoners sal drie dae lank in ’n ry staan.

“Ons as inwoners en sakemanne en -vroue is ook gegrief, omdat ons meer moet betaal wanneer ons meer krag per maand koop.

“Dit is my geld en ek kan soveel krag koop as wat ek wil. Die raad maak iedergeval meer geld as ek meer krag koop. Deur my te benadeel omdat ek meer krag koop, skrik hulle my af om meer te koop. Dit benadeel ook die raad se inkomste.”

Steyn beweer verskillende tariewe word op verskillende tye van die maand gehef.

“Ek het dit getoets en sal later al my strokies ter bewys voorlê. Dit is duidelik dat ek nie vandeesweek dieselfde aantal eenhede vir R200 gaan kry as die volgende week nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.