Kinders dribbel na beter toekoms

2017-07-19 06:00
Lydia Tsoone (polisiebeampte in uniform) en Simon Koopman ( polisiebeampte in rooi baadjie) help om kinders se sokkervaardighede op te skerp. Foto: Christiaan Cloete

Lydia Tsoone (polisiebeampte in uniform) en Simon Koopman ( polisiebeampte in rooi baadjie) help om kinders se sokkervaardighede op te skerp. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Oppenheimertuin in Kimberley helder elke Dinsdag en Donderdag tussen 15:30 en 17:30 op wanneer polisiebeamptes van die Transvaalweg-polisiekantoor en plaaslike sokkerlegendes kragte saamsnoer om aan sowat 50 straatkinders van Kimberley se middestad sokkervaardighede te leer.

Volgens prof. Yunus Ballim, vise-kanselier van die Sol Plaatje-Universiteit (SPU), wat by die projek betrokke is, is die projek daarop gemik om straatkinders aan te moedig om na skuilings vir haweloses en terug skool toe te gaan.

Die projek word deur die SPU gedryf en deur die polisie, plaaslike sokkerlegendes en die Noord-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling ondersteun. Norman Smith (34), ’n plaaslike sokkerlegende van Green­point in Kimberley, wat onder meer al vir Louisvale Pirates, Golden Arrows, Thanda Royal Zulu, Supersport United, Maritzburg United, Jomo Cosmos, United FC en Bafana Bafana uitgedraf het, is een van die professionele sokkerspelers wat met die projek help.

Daniel Tlhageng, wat al vir Golden Arrows, Maritzburg City FC, Basotho Tigers FC en die Bafana Bafana o.23-span gespeel het, asook Thembile Kanono, wat vir Bloemfontein Celtic, Engen Santos en Orlando Pirates uitgedraf het, is ook by die projek betrokke.

Ballim sê die projek is uit besorgdheid oor die welstand van straatkinders in die middestad begin.

“Ons sien die situasie waarin straatkinders hulself as ’n mislukking van die gemeenskap bevind en voel dat die gemeenskap moet optree om die probleem reg te stel,” sê hy.

Ballim, wat destyds vise-kanselier aan die Universiteit van die Witwatersrand was en op die Bidvest-Wits-sokkerklub se raad gedien het, was glo jare gelede by ’n soortgelyke projek in Johannesburg betrokke waar straatkinders van Hillbrow betrek is in ’n poging om hul lewe te verander.

Hy het dit goedgedink om ’n soortgelyke projek in Kimberley te begin.

“Ons sien hierdie projek as ’n proeflopie. Indien dit suksesvol is, kan dit ook elders in die Noord-Kaap gebruik word om ’n verskil te maak,” sê Ballim.

Volgens Ballim is die doel van die projek om hegter bande tussen straatkinders en die polisie te smee en om die kinders lewensvaardighede aan te leer.

“Ons moedig terselfdertyd ook studente van die Sol Plaatje-Universiteit aan om betrokke te raak by die projek en ’n mentorskaprol aan te neem.

“ ’n Dosent aan die universiteit wat in sielkunde spesialiseer en ’n nagraadse sielkundestudent het met ’n monitering- en evalueringsnavorsingprojek begin wat die uitwerking wat die projek op straatkinders het, sal meet,” sê Ballim.

Sewe polisiebeamptes van die Transvaalweg-polisiekantoor in Phakamile Mabijaweg help om die kinders se sokkervaardighede te ontwikkel.

Volgens Brenda Mafunisa van BrenMauza Holdings, ’n plaaslike kommunikasiemaatskappy in Kimberley wat by die projek betrokke is, is die kinders van verskeie buurte in Kimberley afkomstig, insluitend die middestad, Greenpoint, Beaconsfield en Roodepan.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

8 great natural remedies for your pet

Tips and tricks to cure your pet’s itches and coughs, naturally.

 
 

Paws

Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
11 animals before and after they were adopted from shelters
Competition pet grooming – creative or too extreme?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.