Kom dringend, hoor ma

2016-07-13 06:00
LATOYA BOSCH (22) is op Saterdag 2 Julie dood in haar kêrel se slaapkamer aangetref. Foto: Verskaf

LATOYA BOSCH (22) is op Saterdag 2 Julie dood in haar kêrel se slaapkamer aangetref. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n VRIENDELIKE geaardheid, mooi glimlag en groot oë.

Dít is hoe vriende en familie van Latoya Bosch (22) haar sal onthou.

Latoya is op Saterdagaand 2 Julie dood in haar kêrel se slaapkamer in Newton, Postmasburg, aangetref.

Sy was ’n oudleerling aan die Hoërskool Kalahari.

Aletta (Koelie) Bosch, Latoya se ma, sê haar dogter was oral waar sy gegaan het vriendelik en het maklik vriende gemaak.

“Ons twee het ’n baie mooi verhouding gehad. Ons kon saam lag en gesels. Omdat my noemnaam Koelie is, het sy altyd baie met my gemors en my sommer op die naam genoem.

“Ek gaan haar baie mis.”

Bosch sê hoewel die begrafnis Saterdag (09/07) gehou is, het haar dogter se dood nog nie by haar ingesink nie.

“Die begrafnis het goed afgeloop, dit was ’n baie mooi begrafnis. Ek kry nie woorde om te beskryf hoe ek voel nie. Die seer is steeds daar en dit gaan lank vat om daaroor te kom.”

Latoya is in Boegoeberg begrawe, waar haar ma se ouerhuis is. Die gemeenskap het Bosch baie met die begrafnis ondersteun.

Latoya het ook ’n driejarige seuntjie gehad wat nou by sy ouma bly.

“Ek het aan hom verduidelik dat sy ma nie meer met ons is nie. Hy het nogal verstaan, maar soek haar steeds hier in die huis rond. Maandag (04/07) was hy heeldag huilerig, maar daarna is hy baie stil.

“Ek dink ek gaan Latoya se lag en groot oë die meeste mis. Sy het altyd so ’n lekker laggie gehad.”

Bosch sê sy weet nie presies wat met haar dogter gebeur het nie. Sy is Saterdagaand gebel en gesê sy moet dringend in Postmasburg uitkom.

By haar aankoms het sy gehoor Latoya is dood.

“Latoya gaan gewoonlik so teen 23:00 huis toe, maar Saterdag teen 00:00 was sy nog nie by die huis nie.

“Ek het haar foon gebel, toe is dit af. Toe bel ek na haar tannie en sy sê Latoya is nog nie by die huis nie.

“Daarna het hulle gebel en gesê ek moet dringend kom.”

Bosch sê Latoya het nie baie oor haar verhoudings gepraat nie en sy het die huidige kêrel sowat ’n maand gelede ontmoet.

Volgens kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, ondersoek die polisie ’n klag van moord.

Hy sê Latoya is vermoedelik dood aan versmoring.

Kock sê die polisie in Postmasburg is opsoek na Lebogang Christopher Mogabeng (29), Latoya se kêrel, omdat hy met inligting rondom die ondersoek kan help. Mogabeng is op die dag van die voorval laas gesien.

Enigeen met meer inligting kan sers. Raneo Molelekeng by 082-302-0391 of 053-313-9329 bel.

Ek het haar foon gebel, toe is dit af. Toe bel ek na haar tannie en sy sê Latoya is nog nie by die huis nie. Daarna het hulle gebel en gesê ek moet dringend kom. – Aletta (Koelie) Bosch

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.