Langasems pak jaar se 1ste wedloop

2017-01-18 06:01
Die eerste vroue oor die eindstreep van die Flat and Fast-marathon was van links Sandra Meier (derde), Berdine Smit (eerste) en Frances Nel (tweede).

Die eerste vroue oor die eindstreep van die Flat and Fast-marathon was van links Sandra Meier (derde), Berdine Smit (eerste) en Frances Nel (tweede).

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die heel eerste padwedloop op Griekwaland-Wes se wedloopkalender vir 2017 het die afgelope naweek, op ’n hittige Saterdagoggend (14/01), by Lime Acres plaasgevind en het ook as die streek se marathonkampioenskap gedien.

Bykans 100 deelnemers het die oggend omstreeks 06:00 voor die Lime Acres sport- en ontspanningsklub vir die Lime Acres Flat and Fast-wedloop aangetree, wat deur Finlime Harriers aangebied is.

Geen atleet kon op die dag daarin slaag om die kwalifiserende maatstaf vir die Suid-Afrikaanse marathonkampioenskap – wat op 9 April in Durban plaasvind – te haal nie.

Ten spyte daarvan was daar allermins ’n gebrek aan kompetisiegees onder die deelnemers.

Glynn Fly het die mansmarathon (42,2 km) in ’n tyd van 03:06:31 gewen.

Hy is gevolg deur Moses Thole (03:15:22) en Joby Taylor (03:25:21).

In die vrouewedloop het Berdine Smit in ’n tyd van 03:50:57 geseëvier.

Tweede oor die lyn was Frances Nel. Haar wedloopstrategie, om die eerste helfte van die wedloop veel stadiger as die tweede te hardloop, het duidelik vrugte afgewerp.

Sy het die wedloop in ’n tyd van 04:38:34 voltooi en is gevolg deur Sandra Meier in ’n tyd van 04:41:00.

Pule Botsane (01:14:35) en Chantal de Beer (01:42:26) was onderskeidelik die wenners van die mans- en vroue-halfmarathon.

Atletiek Griekwaland-Wes het die naweek ’n revolusionêre nuwe tydhou-skyfie bekend gestel wat aan atlete se skoene vasgemaak word en help om atlete se tye te meet wanneer hulle by die eindstreep oor ’n tydhou-mat beweeg.

Volgens Ferdie Nel, voorsitter van die provinsiale atletiekliggaam, word die skyfies reeds ’n geruime tyd deur ’n ander provinsiale atletiekliggaam, Atletiek Suid-Westelike Distrikte, gebruik, met nog provinsies wat kan volg.

Atletiek Griekwaland-Wes het die naweek ’n ­revolusionêre nuwe ­tydhou-skyfie bekend gestel . . .

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.