Ma vol smart oor ‘verlore seun’

2016-10-05 06:00
TANNIE MARTHA OOR met ’n foto van haar seun Jacobus Cloete in haar hand. Sy het hom 36 jaar laas gesien.

TANNIE MARTHA OOR met ’n foto van haar seun Jacobus Cloete in haar hand. Sy het hom 36 jaar laas gesien.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MARTHA OOR (87) van Upington het haar “verlore seun”, Jacobus (Madoi) Cloete, die laaste keer op 8 Mei 1980 gesien, die dag toe haar tweelingkleinseuns gebore is.

“Hy het die aand hier by my huis aangekom en gesê: ‘Ma, gee net vir my ’n halwe brood en ’n liter magou, ek gaan Kimberley toe om werk te gaan soek.’

“Hy is hier weg en ek het nooit weer van hom gehoor nie. Ek weet nie waar my kind is nie.”

Cloete was in sy twintigs. Sedertdien het 36 jaar van wag en hoop en wanhoop verloop.

Cloete het by sy ouma Sophie en oupa Hokkie in Rhynstraat, Upington, grootgeword. In daardie dae, wanneer ’n vrou ’n buite-egtelike kind gehad het en sy trou daarna, moes daardie kind in haar ouerhuis bly waar hy deur sy oupa en ouma grootgemaak is.

Dit was ’n ongeskrewe reël in die bruin gemeenskap. Die kind is as ’n “huis-kind” of “ouma-kind” beskou en die grootouers was baie streng oor daardie reël.

Cloete het ook in Windhoek gebly.

“Hy het daar met ’n vrou met die naam Frenna getrou. Ek weet nie in watter jaar hulle getroud was nie. Ons het nie geweet van die troue nie. Hy en sy vrou het drie kinders gehad van wie die oudste dogter al dood is. Jennifer en Antoinette lewe nog, maar ons het ook nie kontak met die kinders nie. Hulle het op ’n keer gebel en gevra ons moet hulle help om hul pa te soek. Ek het vir hulle gesê ons soek hom en dat hulle daardie kant ook na hom moet soek.”

Cloete se vrou is dood en daarna het hy na Upington teruggekeer.

“Hy het by die munisipaliteit in Upington gewerk en sou Kaap toe gaan om by Spoornet te gaan werk. Hoekom hy Kimberley toe is, weet ek nie.”

Hy het saam met ene Jonathan Thembo Kimberley toe gery, maar dié is oorlede.

“So, ’n mens kan hom nie vra wat van my kind geword het toe hulle in Kimberley aangekom het nie.”

Volgens tannie Martha het ander mense aan haar bevestig dat haar seun in Galeshewe in Kimberley is, maar dié mense is ook al dood en kan nie gaan wys waar hulle hom gesien het nie.

Anna Isaacs, een van tannie Martha se dogters, sê sy vra gereeld of daar al nuus oor haar seun is.

“Ma word baie emosioneel as sy so aan hom sit en dink. Sy sê altyd al kom hy ook met ’n kierie hier aan, solank hy net huis toe kom. Al kan sy ook net presies weet waar hy is.”

Isaacs sê sy kan nie veel van haar broer onthou nie. Haar tannies en die mense wat hom regtig geken het, is al dood.

Tannie Sanna Snam, Frenna se tannie, onthou ’n bietjie van Cloete.

“Hy was nie ’n stout kind nie, hy was ’n ordentlike jong man. Maar toe hulle mos nou jong kêrels word, wou hulle net uit Upington gaan om werk te gaan soek. Ek het darem sy kinders ontmoet toe ek in Windhoek gaan kuier het.”

Toe Cloete uit Windhoek na Upington teruggekeer het, het hy sy troufoto saamgeneem om vir sy ma te wys.

“As ek hom so verlang, kyk ek net na sy troufoto (wat teen haar sitkamermuur by ander familiefoto’s geplak is).

“Ek dink so baie aan my kind. Al lyk hy ook hoe of al is hy sieklik, as hy nou terugkom, sal ek hom terugvat nes hy is.

“Ek glo nog diep in my hart my seun lewe nog of dat hy steeds in Kimberley is.

“Ek dink so baie aan hom, wil graag net hoor van hom.”

Tannie Martha het net twee foto’s van haar seun.

Sy weet net van haar seun se bewegings van wat sy by ander mense gehoor het.

“Vir 36 jaar het ek geen kontak met hom gehad nie. Ek bid elke dag vir hom, vir sy veiligheid.”

Om oor haar seun te praat het tannie Martha baie hartseer gemaak en sy kon nie verder praat nie.

Die familie het al verskeie pogings aangewend om hom op te spoor en het selfs al oor RSG laat uitsaai dat hulle na hom soek.

Tannie Martha het nog hoop dat hy in Kimberley is. “Ons hoop steeds dat iemand iewers iets van hom weet. Selfs al is dit net iemand wat vir ons kan wys waar sy graf is, enige leidraad sal reg wees.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
There's an app for that: how apps have changed us

"There's an app for that" is more than just Apple's marketing mantra. Mobile apps have emerged over the last 10 years or so for practically every need in a person's day and changed our lives.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.