Mense verken sinkgate se dieptes

2017-01-25 06:02
Gerrie Pretorius klim in een van die gate in.

Gerrie Pretorius klim in een van die gate in.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Twee spelonkers was op Saterdag 14 Januarie die eerste mense wat diep in die nuutgevormde sinkgate tussen Daniëlskuil en Kuruman in die Noord-Kaap in die grotte rondgekruip het.

Karin Human en Gerrie Pretorius het die grotte verken.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring wat ek graag met belangstellendes wil deel,” sê Human.

Omdat sy skraal gebou is, kon sy dieper as Pretorius in sommige gange en grotkamers inklim.

Sy sê een van die drie gate in die jongste sinkgat langs die R31-roete lei tot heelwat gange en dieper kamers wat hul klub met ’n volgende ekspedisie verder wil verken.

Sinkgate onder aardskeur

Die sinkgate onder ’n aardskeur van meer as 300 m lank het twee weke gelede in gietende reën op die plaas Mount Carmel tussen Daniëlskuil en Kuruman ingesak. Die departement van paaie en openbare werke het die pad gesluit nadat nog ’n skeur onlangs langs die pad ingeval het.

Foto’s van die aardskeur en miljoene liters water wat daarin stort, het Human en Pretorius van onderskeidelik Middelburg en Pretoria na die toneel gelok.

“Die sinkgate lyk anders as op die foto’s. Dit is vlakker en die tweede groot reënbui het die groot dolomietrif groter as die eerste skeur oopgespoel. Die gat waaruit Gerrie ’n warm en nat wind voel uitblaas het, het hom baie opgewonde gemaak,” sê Human.

“Ons het in die drie gate van die jongste aardskeur naaste aan die pad geklim. Ek kon net sowat 4 m in die eerste gat afklim. Op die bodem was die opening in die vloer en die nou gang na links en regs toegespoel.”

Af met die grotleer

“Ek en Gerrie is met die grotleer in die tweede gat af. Die gang is baie nou en het onder in twee rigtings verdeel. Gerrie het bo-oor ’n groot klip geklim na die gang wat na regs lei. Dit neig na die pad se kant. Hy het deur ’n baie klein tonnel geseil en ’n T-aansluiting gesien. Dié tonnel is te klein om deur te gaan.

“Ek het die linkerkantste nou gang gevolg en gemerk die grot se mure het ’n baie vloeiende tekstuur – amper soos rotse wat in ’n rivier staan. Daar was geen skerp of hoekige stukke nie. Daar was op ’n paar plekke teen die rotse besonderse kristalle wat derduisende jare oud is.”

Binne in die wonderwêreld

By die derde gat het hulle in ’n dolomietrots geboor om ’n bout te plaas waaraan hulle die grotleer veilig kon vasmaak. Die opening is te nou vir Gerrie om deur te gaan.

“Die eerste kamer is sowat 7 m vanaf die ingang. Dit is ’n taamlike groot kamer met ’n groot horisontale kraak net bo die vloer. Die kraak is groot genoeg om deur te kruip.

“Na regs is daar ’n gang van sowat 1 m breed. Daar is ook ’n tonnel van kruiphoogte sowat ’n halwe meter verder. Albei gaan ’n hele ent in,” vertel Human. Terug by die ingangskamer het ek oorbeweeg na ander gange en tonnels. ’n Entjie verder is daar nog ’n kamer. Die vloer het ’n trap van sowat een en ’n halwe meter hoog wat na onder en heelwat dieper gaan.

“Die grot se dak en mure is soliede rots. Water het uit die dak gedrup en gevloei. Die gebrek aan waterpoele bevestig die water stroom af en syfer na ’n reserwe.

“Ons beplan om met ’n volgende ekspedisie die grot verder te verken en ’n topografiese opname te maak.”

Human en Pretorius is komiteelede van die Speleologiese eksplorasieklub wat deel is van die Speleologiese Vereniging van Suid-Afrika, wat hom vir die ondersoek, bewaring en wetenskaplike studie van grotte beywer.

Sy oogmerk is om nuwe grotte te ondersoek of om wetenskaplikes te help wat grotte ondersoek.

Sommige van die klub se groot ekspedisies was onder meer die ondersoek van die grootste ondergrondse meer in die wêreld wat nie onder ’n gletser is nie (Dragon’s Breath), die diepste en oudste droë grot in Suider-Afrika (Armageddon) en die langste grot (Apocalypse).

Die klub het al meer as 1 400 grotte in Suider-Afrika ondersoek. Die belangrikste was hul lede se hulp met die Rising Star-ekspedisie waarin die Homo Naledi-fossiele uit diep grotte gehaal is.

  • Die Raad vir Geowetenskap het die Mount Carmel-sinkgate op 12 Januarie besoek toe die tweede gat ingeval het. Die raad stel ’n verslag op oor die stabiliteit van die dolomietformasies in die gebied.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.