Mini-span pak Proteas

2016-11-30 06:01
 Graeme Smith, voormalige Suid-Afrikaanse krieketkaptein, saam met Nazlee Aysen, hoof van die Kimberley Islamic School, en die lede van die KFC-mini-krieketspan wat op 8 Desember op Nuweland in Kaapstad teen die Proteas te staan sal kom.  Foto: Christiaan Cloete

Graeme Smith, voormalige Suid-Afrikaanse krieketkaptein, saam met Nazlee Aysen, hoof van die Kimberley Islamic School, en die lede van die KFC-mini-krieketspan wat op 8 Desember op Nuweland in Kaapstad teen die Proteas te staan sal kom. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Mini-krieketspan van die Kimberley Islamic School is een van vier spanne wat op Donderdag 8 Desember die land se mees gedugte krieketspan, die Proteas, op Nuweland in Kaapstad die stryd sal aansê.

Dit kom nadat die skool die KFC Mini Cricket Kids vs Proteas Tour-kompetisie gewen het.

Die Proteas sal op dieselfde dag ook ’n vriendskaplike wedstryd teen die Springbokke speel.

Die span en hul afrigter sal volgens Nazlee Aysen, hoof van Kimberley Islamic School, op 7 Desember na Kaapstad vlieg en weer op 10 Desember terugkeer.

Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat KFC die nasionale kompetisie aanbied.

Volgens Shawn Bellugi, ’n woordvoerder vir die KFC-mini-krieketprogram, is dit die grootste voetsoolvlak-sportontwikkelings­program in Suid-Afrika en ook ’n noodsaaklike bousteen vir die ontwikkeling van krieket in die land.

Daar is volgens hom 114 000 kinders van meer as 5 500 skole by KFC se mini-krieketprogram betrokke. Hulle word deur bykans 9 000 vrywilligers afgerig.

Die voormalige Suid-Afrikaanse krieketkaptein Graeme Smith was Maandag (28/11) in Kimberley om die span van die Kimberley Islamic School voor hul kragmeting touwys te maak.

Smith het op sy besoek gesê dit is wonderlik om soveel geesdrif oor krieket te sien.

“As iemand wat 15 jaar lank professioneel krieket gespeel het en 11 jaar lank die kaptein van die Proteas was, wil ek nie sien dat die sport uitsterf nie,” het hy gesê.

“Hier is baie goeie afrigters en ’n mens kan regtig sien dat die kinders blootstelling aan krieket gehad het,” was sy mening.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.