Munisipale bestuurder

2017-07-12 06:02

Die munisipale bestuurder van Kuruman, Edward Ntefang, het verlede week in die hof op aanklagte van bedrog en korrupsie verskyn te midde van raadsvergaderings waarin die ANC sy kontrak by die Ga Segonyana-munisipaliteit wil verleng.

Ntefang (64), wat ook deur die departement van samewerkende regering voor die hof oor sy kwalifikasies gedaag is, en sy medebeskuldigdes se verhoor begin op 23 November vanjaar.

Hy staan ook op oortredings van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA) tereg.

Kapt. Philani Nkwalase, Valke-woordvoerder, sê Ntefang word saam met Philani Lester Ntsabo, Lebogang Florence Moloti en Maneela Ingrid Semane, asook die Ikgosideng Business Consulting-maatskappy, aangekla.

Semane was die eertydse finansiële hoof by die munisipaliteit.

“Ntsabo en Moloti (albei 51), die maatskappy se senior bestuurslede, word ook aangekla.”

Die Valke het onreëlmatighede in die aanstelling in 2012 van sekere diensverskaffers vir die munisipaliteit ondersoek.

“Dit kom voor of die betrokke maatskappy ongeldige dokumente in die tenderproses ingedien het. Die maatskappy is vir drie jaar teen ’n bedrag van R9,8 miljoen aangestel,” sê Nkwalase.

Billy Markram, VF Plus-raadslid, sê dit is onaanvaarbaar dat Ntefang se kontrak verleng word te midde van die hofsaak.

“Sy kontrak sou aan die einde van Julie verstryk. Hy het aan die einde van Mei uit diens getree en word nou op ’n maand-tot-maand-grondslag be- hou. Dienslewering is swak. Die riool- pomp is gedurig buite werking en rou rioolwater vloei in die veld in. Munisipale verpligtinge gaan oor dienslewering en nie selfverryking nie.”

Die DA het verlede week ook ’n klag van aanranding teen die speaker inge- dien ná ’n onderonsie in ’n raads­vergadering.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.