Myn en inwoners bespreek hervestiging

2017-05-03 06:02
Huise in Dingleton staan leeg en verwaarloos. Die huise se vensters is stukkend en van hulle het graffiti op. Die myn het gemiddeld R2,3 miljoen vir die huise aangebied. Van die inwoners het dié prys verwerp. Foto’s: Lecrecia Prins

Huise in Dingleton staan leeg en verwaarloos. Die huise se vensters is stukkend en van hulle het graffiti op. Die myn het gemiddeld R2,3 miljoen vir die huise aangebied. Van die inwoners het dié prys verwerp. Foto’s: Lecrecia Prins

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die oorblywende inwoners van Dingleton naby Kathu en die mynmaatskappy Kumba Iron Ore het ingestem om deur middel van onderhandelings die dooiepunt in hul verhuisingsproses te probeer opklaar.

Volgens Richard Spoor, ’n prokureur wat namens van die oorblywende inwoners optree, is Brian Currin as die bemiddelaar aangestel en word die reëls van die bemiddelingsproses nou bevestig.

“Ons gaan die omgewings- en maatskaplike riglyne van die Internasionale Finansieringskorporasie (IFC), ’n lid van die Wêreldbankgroep, oor die grootskaalse verskuiwing van gemeenskappe volg.

“Die departement van mynbou, wat hom glo vir die regte van gemeenskappe beywer, het nie sulke riglyne nie.”

Die geskil het enkele jare gelede ontstaan toe Kumba Iron Ore sy Sishen-mynbedrywighede na Dingleton wou uitbrei. Dingleton was die eertydse Sishen-dorp wat gestig is toe die myn dekades gelede begin is.

Die meeste inwoners het ’n skikkingsooreenkoms met Kumba bereik en na nuwe huise in Kathu verhuis.

“Die oorblywende inwoners kon egter nie ’n skikkingsooreenkoms met Kumba bereik nie en ’n dooiepunt het ontstaan,” sê hy.

Volgens Spoor is die lewensomstandighede in Dingleton onhoudbaar weens die verval van infrastruktuur.

“Die toekomstige beskikbaarheid van water, elektrisiteit en riooldienste is in die weegskaal. Die polisie is nie werklik teenwoordig nie. Daar is nie meer winkels en ondernemings nie. Huise en geboue word gevandaliseer.

“Die naderende mynbedrywighede veroorsaak stofbesoedeling en rotse wat op huise val. Dit veroorsaak erge spanning.

“Die grootste probleem is die rehabilitasie van asbes wat dekades gelede by die ou Sishen-treinstasie gestort is.”

Ghrethna Kruger, woordvoerder van Kumba, sê die asbesbesoedeling is gevaarlik vir inwoners en mynwerkers.

“Ons moet dit dringend rehabiliteer. Die werk is deur betogings vertraag en ons moes regstappe doen.”

Die myn is een van die provinsie se grootste werkgewers.

“Dit is noodsaaklik om die myn en die gemeenskappe wat van die myn afhanklik is, se lewe te verleng. Die myngroef se grens het nou die buffersone, wat gemyn gaan word, bereik.

“Die hervestigingsproses waarin ons die IFC-riglyne volg, duur reeds agt jaar. Meer as 95% van die huis­houdings is verskuif. Daar is altesaam 25 oorblywende huishoudings met wie ons nog nie ’n ooreenkoms kon bereik nie.

“Die werkgroep van ses verkose gemeenskapsverteenwoordigers en twee wyksraadslede het ’n uitgebreide konsultasieproses met huiseienaars oor hul behoeftes en verwagtinge gevolg.

“Kumba het ’n billike en ruim vergoeding aangebied, wat nuutgeboude huise insluit wat aan internasionale standaarde voldoen.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.