Omstrede buurtwag slaan ’n slag

2016-12-07 06:01
Wapens wat deur die Wanya Tsotsi-buurtwag gekonfiskeer is, lê uitgepak op die stoep van die polisiestasie in Galeshewe.

Wapens wat deur die Wanya Tsotsi-buurtwag gekonfiskeer is, lê uitgepak op die stoep van die polisiestasie in Galeshewe.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Lede van die Wanya Tsotsi-buurtwag het Woensdag (30/11) honderde wapens, gesteelde goedere en dwelms op die voorstoep van Galeshewe se polisiekantoor afgelaai.

Dit sluit onder meer verskeie messe, vuurwapens, byle, knopkieries, assegaaie, hokkiestokke, swaarde, dagga en Mandrax in wat deur deursoek-patrollies in gebiede rondom Kimberley gekonfiskeer is.

Pauline Williams, Noord-Kaapse LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, het op die geleentheid die organisasie bedank en hulle voorspoed vir die toekoms toegewens.

Williams het gesê dat haar departement bereid is om met enige organisasie of individu wat misdaad wil beveg, saam te werk.

Sy het lede van die organisasie egter gewaarsku dat daar bestaande strukture is wat deur die regering geskep is om misdaad te beveg.

Die buurtwag, wat hom beywer om misdaad in die gemeenskap te beveg, het die afgelope jaar vanweë sy omstrede werkswyse onder skoot gekom. Williams het bestaande strukture (soos die polisie) gewaarsku om wakker te skrik.

“Hulle moet nou hul oë oopmaak, want Wanya Tsotsi hardloop nou verby hulle,” het Williams gesê. Haar woorde is met ’n staande applous van lede van die buurtwag begroet.

Williams het ook ’n beroep op die polisie gedoen om haar te wys wat hulle gedoen het om misdaad te beveg, sodat sy dit met die werk van die Wanya Tsotsi-buurtwag kan vergelyk.

Williams het gevra dat almal moet saamwerk om ’n veilige feestyd te verseker.

“Ma en Pa, Ouma en Oupa, Boetie en Sussie . . . as julle hierdie (misdaad) in jul huis sien, moet julle nie die boom toelaat om in jul huis te groei nie.

“Moenie toelaat dat die probleem so groot raak dat die polisie ’n voertuig na julle moet uitstuur nie,” het Williams gesê.

Daar is op die geleentheid ook vir die ouers van Keitume­tse Magwadibane (5) van Promised Land gebid. Keitume­tse word sedert Donderdag 14 Julie vermis.

Volgens Margaret Magwadibane, die kind se ma, sou haar dogter Saterdag 6 jaar oud geword het.

Volgens Tebogo Obusitse, ’n woordvoerder van Wanya Tsotsi, bestaan hulle uit sowat 117 vrywilligers in Galeshewe (56), Lerato Park (20), Ritchie (28) en Roodepan (13).

Die organisasie se naam is volgens Obusitse ’n samevoeging van die woorde “wanya” (pak slae) en “tsotsi” (skelm).

Die wapens wat Woensdag oorhandig is, is alles wat die buurtwag sedert Maart vanjaar gekonfiskeer het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/World
 

Cute pet pictures can improve your relationship!

It’s true! A new study shows animal pics can bring back the spark.

 
 

Paws

7 weirdly awesome pets you can own
Pack theory: fact or fiction?
Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead
SA stats: The role of pets in families
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.