Organisasie wil slagoffers help

2017-08-30 06:02

De Aar, die derde grootste dorp in die Noord-Kaap, ondervind skokkende maatskaplike probleme en statistieke.

Werkloosheid is op 80% en alkoholmisbruik is algemeen.

Só sê Tina Thiart, ’n direkteur van ForwardFund.

Dit is ’n organisasie wat kleinsakeondernemings ondersteun wat deur vroue gelei word.

Dié organisasie wil ’n verskil aan mense in die dorp se lewe maak.

”Twee organisasies bied vandeesweek boekhoukursusse aan entrepreneurs en inwoners van De Aar wat van benarde maatskaplike omstandighede wil ontsnap.

“Ons gaan 13 eienaars leer om basiese boekhouding te doen. Almal het reeds ’n kursus in entrepreneurskap gedoen.

“Hulle is onder meer spyseniers, bouers, boere, koeriers, ’n bloemiste en haarkappers,” sê sy.

“Ons gaan ook ’n kursus oor die gevare van mensehandel vir gemeenskapslede aanbied. Ons wil hulle bedag maak op tekens vir vermoedelike mensehandel en leer watter prosedures om te volg indien hulle die polisie wil betrek.”

Volgens Claudia Burger, wat die werksessies gaan aanbied, word mense gefaal omdat die regering, private maatskappye, nieregeringsorganisasies, burgerlike organisasies, die kerk en individue onbetrokke is.

“Niemand klim in en rol die moue op om die probleme op te los nie. Mense is vasgevang in gewelddadige verhoudings, en baie vroue raak in mensehandel en seksslawerny vasgevang, of verdwyn net.”

Die kursusse word by die Solar Capital-gemeenskapsentrum aangebied. Dit is skuiling vir vroue en meisies wat onder gesinsgeweld deurgeloop het.

“Personeellede van die sentrum ontferm hulle baie keer oor kindersvan tot so jonk as 12 jaar oud wat slagoffers van seksuele uitbuiting geword het,” sê Burger.

“Sommiges word selfs haweloos langs hoofweë gevind.

“Hulle ondervind ’n reusegevoel van hulpeloosheid. Mense voel hulle is op pad na nêrens. Mense ly honger. Gesinne verval. Seuns word heeltydse bedelaars by winkelsentrums. Mense oorleef op toelae.”

Burger is ook ’n programdirekteur by die aktiviste-netwerk teen die uitbuiting van kinders (Anex), praat Woensdag ??? op die bekendstelling van die 1 000 Vroue-organisasie om te verenig teen gesinsgeweld en mishandeling.

“Te veel mense wil in ’n verhouding wees, maar het nie altyd die moed om van afbrekende verhoudings weg te kom nie.

“Ek wil mense laat besef hoe sterk hulles wanneer hulle gedwing word om die verhouding te verbreek is. Hulle kan hul innerlike krag herontdek,” sê Burger.

“Mense wat nie geleenthede vir ontwikkeling het nie, glo ongelukkig die vals beloftes van sindikate wat by mensehandel betrokke is.”

Vir meer inligting, bel Thiart by 073-207-9079.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.