Papies onder vel skok egpaar

2017-02-22 06:01
Papies wat lyk soos dié van ’n botvlieg het onder ’n vrou van Maruping, Kuruman, se vel uitgebroei. Dit het eers soos waterpokkies gelyk en later soos muskietbyte. Foto: Lecrecia Prins

Papies wat lyk soos dié van ’n botvlieg het onder ’n vrou van Maruping, Kuruman, se vel uitgebroei. Dit het eers soos waterpokkies gelyk en later soos muskietbyte. Foto: Lecrecia Prins

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Vrou en haar man van Maruping in Kuruman was geskok toe hulle besef daar is papies, soortgelyk aan dié van ’n botvlieg, wat onder haar vel “lewe”.

Nicolet Moorcroft sê sy het op Maandag 13 Februarie rooi kolle op haar lyf opgemerk.

Dié kolle het soos waterpokkies gelyk.

“Ek het later gedink dit moet muskietbyte wees. Dit het begin jeuk en soos dorings gesteek.

“Ek het na die dokter gegaan en hy het vir my medikasie gegee.

“Die rooi kolle het later knoppe gemaak soos wanneer muskiete ’n mens steek. My man, Charl, het toe weer daarna gekyk en vir my gesê dit lyk of die bytplekke asemhaal.”

Charl het toe daaraan gedruk en gesien dat ’n papie uit haar vel verskyn.

Hy het sowat agt van hierdie papies uit haar vel gedruk.

Die dokter het gesê die papies lyk soos dié van ’n botvlieg.

Hy het daarna ’n dermatoloog geraadpleeg en dié het “amper van haar stoel af geval”, omdat dit ’n vreemde geval is.

Die botvlieg kom hoofsaaklik in Suid- en Sentraal-Amerika voor.

Die gasheer van die botvlieg is gewoonlik soogdiere soos perde en beeste.

“Die botvlieg kon sy eiers op die muskiet gelê het,” sê die dokter.

“Wanneer die muskiet steek, los hy die eiers op die vel.

“Die eier dring dan deur tot binne die vel, gewoonlik waar die muskietbytplek is.

“Vanweë die liggaamshitte broei die eiers dan uit. Wanneer die eier uitbroei, vorm dit dan ’n blaas soos waterpokkies op die vel.”

Die dokter sê wanneer die papies deur die vel breek, is die infeksie gewoonlik verby.

Hy maan inwoners om bedag te wees en gewone voorsorgmaatreëls teen muskietbyte te tref.

Die botvlieg kon as gevolg van reisigers in die gebied beland het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

Pack theory: fact or fiction?

Do you need to be the "alpha" to have an obedient dog?

 
 

Paws

Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead
SA stats: The role of pets in families
The top 6 poisonous foods for your pet
Does your dog have separation anxiety?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.