Polisie se fietsryers trap vir ’n vale

2016-07-20 06:00
AO. BENNIE COETZER, voormalige nasionale bergfietskampioen van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en lid van die Noord-Kaapse polisie se fietsryspan, in aksie in die tydtoets op die Suid-Afrikaanse polisiediens se nasionale padfietskampioenskap wat van 10 tot 15 Julie in Kimberley gehou is. Coetzer was die tweede vinnigste in die tydtoets oor 16 km en het dit in ’n tyd van 20 minute en 2 sekondes voltooi. Sy algehele spoed oor die afstand was 47,96 km/h. Coetzer, wat in 2010 laas padfiets gery het , het glo die fiets by Charlie Louw, ’n voormalige Springbok-tweekampkampioen, geleen.

AO. BENNIE COETZER, voormalige nasionale bergfietskampioen van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en lid van die Noord-Kaapse polisie se fietsryspan, in aksie in die tydtoets op die Suid-Afrikaanse polisiediens se nasionale padfietskampioenskap wat van 10 tot 15 Julie in Kimberley gehou is. Coetzer was die tweede vinnigste in die tydtoets oor 16 km en het dit in ’n tyd van 20 minute en 2 sekondes voltooi. Sy algehele spoed oor die afstand was 47,96 km/h. Coetzer, wat in 2010 laas padfiets gery het , het glo die fiets by Charlie Louw, ’n voormalige Springbok-tweekampkampioen, geleen.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TERWYL die wêreld se beste fietsryers besig was om dit by die Tour de France in Frankryk uit te spook, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se fietsryers die speke in Kimberley laat sing.

Die geleentheid was die SAPD se nasionale padfietskampioenskap, wat van 10 tot 15 Julie in die Diamantstad gehou is.

Die kampioenskap, wat dié jaar spottenderwys as “Le Tour de Flat” bekendgestaan het, het in en om Kimberley plaasgevind en is oor verskeie skofte beslis.

Hoewel die Noord-Kaapse landskap plat is in vergelyking met ander dele van die land, het die strawwe kompetisie onder Suid-Afrika se taaiste polisiemanne steeds ’n opwindende fietsrystryd verskaf.

Polisielede van oor die land heen het na die Diamantstad vir die uitdaging gereis en hul beste gegee.

Donovan O’ Reilly, ’n polisieman van Oos-Londen in die Oos-Kaap, en Adele Jansen van Vuuren, ’n polisievrou van Bloemfontein, is onderskeidelik as die mans- en vrouewenners gekroon nadat hulle die laagste kumulatiewe tye oor al die skofte opgestel het.

Albei het Donderdag (14/07) die laaste skof – ’n tydtoets oor 16 km – gewen.

Jansen van Vuuren het die 16 km in ’n rapsie meer as 23 minute afgelê, terwyl O’ Reilly ’n blitsvinnige tyd van 19 minute en 40 sekondes opgestel het.

Kimberley se Bennie Coetzer, ’n voormalige SAPD-bergfietskampioen en lid van die Noord-Kaapse polisie se fietsryspan, het algeheel tweede in die mansafdeling geëindig.

Hy het die 16 km-tydtoets in ’n tyd van 20 minute en 2 sekondes voltooi, kort op die hakke van O’ Reilly. Sy algehele spoed oor die afstand was 47,96 km/h.

Coetzer het aan Noordkaap gesê hy is baie tevrede met sy vertoning, aangesien hy in 2010 laas ernstig padfiets gery het kort voordat hy ’n ernstige val gehad het en ’n heupbesering opgedoen het.

Hy ry sedertdien meestal bergfiets en het glo enkele dae voor die kompetisie die ultra-ligte Switserse tydtoets-fiets by Charlie Louw, ’n voormalige Springbok- tweekampkampioen, geleen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.