Regsgeleerde ‘in sy spore gestuit’

2017-07-26 06:01

’n Veroordeelde bedrieër wat skynbaar ’n liefde vir die reg ontwikkel en ’n regsgraad in die tronk behaal het, het ná sy vrylating vier jaar lank as ’n advokaat gepraktiseer voordat hy verlede week in sy spore gestuit is.

Moses (Mike) Sipho Mziako (67) van Mabopane in Gauteng is Vrydag (21/07) in die Noord-Kaapse hooggeregshof geskors nadat hy deur ’n tussentydse interdik verbied word om te praktiseer.

Die volgende verhoor is op Vrydag 4 Augustus wanneer die Noord- Kaapse Vereniging van Advokate se aansoek om Mziako van die rol te skrap aangehoor word.

Ingevolge hofstukke wat ingedien is, was daar tussen 1981 en 1987 vier vorige veroordelings teen Mziako vir bedrog.

Mziako is in 1995 skuldig bevind aan 13 aanklagte van bedrog, vyf van korrupsie en 12 aanklagte van diefstal.

Hy het banke bedrieg, voertuie gesteel en amptenare omgekoop.

Ná sy suksesvolle appèl is sy vonnisse van 125 jaar tot ’n samelopende vonnis van 18 jaar verminder.

Mziako en ’n medegevangene, Clive Derby-Lewis, wat aan die SAKP-leier Chris Hani se moord skuldig bevind is, het die minister van korrektiewe dienste gedagvaar omdat rekenaars uit hul selle verwyder is.

Mziako het toe vir sy regsgraad aan Unisa gestudeer en verskeie hofaansoeke uit die tronk gedoen.

Mziako is egter ná tien jaar gevangenisstraf vrygelaat ná suksesvolle hofaansoeke.

Sy aansoek in 2013 om toelating as advokaat is nie deur die Noord- Kaapse Vereniging van Advokate in die Noord-Kaapse hooggeregshof
teengestaan nie.

Adv. Johan van Niekerk, SC, voorsitter van die Noord-Kaapse Vereniging van Advokate, sê in sy verklaring dat hul destydse sekretaris nie van die algemene raad van die balie se kennisgewing oor Mziako se mislukte aansoeke elders in die land kennis geneem het nie.

Volgens Van Niekerk het Mziako in sy aansoek in ’n beëdigde verklaring bevestig dat hy ’n wetsgehoorsame persoon sonder ’n misdaadgeskiede-nis is; en ook bekwaam en bevoeg is om as advokaat te dien.

Van Niekerk sê Mziako het opsetlik onder eed gelieg en die hof mislei.

Mziako kan weens sy oneerlikheid hoegenaamd nie as ’n advokaat dien nie.

Sou die vereniging destyds van sy misdade geweet het, sou sy aansoek teengestaan geword het.

Mziako se mislukte aansoek om toelating as advokaat is in 2011 deur die KwaZulu-Natalse Vereniging van Advokate teengestaan.

Die voorsitter van die KwaZulu-Natalse Vereniging van Advokate het ook in ’n brief aan die Pretoriase Vereniging van Advokate gewaarsku dat Mziako, ongeag gebreke in sy aansoek en sy misdaadgeskiedenis, ook in ander provinsies aansoek sal doen.

Die Noord-Kaapse Vereniging van Advokate se ondersoek het begin nadat ’n landdros in Ga-Rankuwa ’n klag teen Mziako ingedien het.

Advv. Cecilia Zwiegelaar, voorsitter van die balieraad van die Noordwes-balievereniging, en Johan Pistor, SC, wat Mziako voorheen in tronkklere en onder bewaking in ’n hofgeding gesien het, het in Junie vanjaar sy identiteit, misdaadgeskiedenis en aanstelling as advokaat met Mziako self bevestig.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Busi and the BLF coverup

2017-09-24 06:05

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.