Regterpresident groet NK ná ­jare in regsbank

2017-09-27 06:00
Oud-regterpresident Frans Kgomo en Gaynor Lemmetjies, sy sekretaresse. Foto: Charné Kemp

Oud-regterpresident Frans Kgomo en Gaynor Lemmetjies, sy sekretaresse. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Noord-Kaapse regterpresident Frans Diale Kgomo (70) wat Vrydag (22/09) afgetree het, gaan nou die boeke lees waarvoor hy nooit kans gehad het nie.

“Ek wil onder meer die boeke van regters Edwin Cameron en Albie Sachs lees.”

Kgomo is ten tyde van ’n seremoniële geleentheid in die hooggeregshof in Kimberley gegroet.

Sy opvolger, nuwe regterpresident Pule Tlaletsi, is by dieselfde geleentheid ingehuldig.

Die geleentheid is deur regslui van onder meer Regshulp Suid-Afrika, die Nasionale Vervolgingsgesag, die staatsprokureur, private prokureur­firmas, die Nasionale Forum van Advokate, die Noord-Kaapse Vereniging van Advokate en kollegas en oud-kollegas bygewoon.

’n Glansgeselligheid is ook Vrydag by die Mittah Seperepere-konferensiesentrum gehou.

Kgomo, wat in 1998 eers as regter in die Noord-Kaapse hooggeregshof waargeneem het, het binne drie maande ’n heeltydse regter geword. Hy is in 2001 as die regterpresident aangewys.

In sy tyd op die bank het hy opspraakwekkende sake bereg, waarvan die mees onlangse dié van Don Steenkamp van Griekwastad is.

Steenkamp is aan die moord op sy ouers, Deon en Christel, en sy suster, Martella, se moord en verkragting, asook aan regsverydeling, skuldig bevind.

Regter Kgomo het ook die reeksverkragter Cornelius Julies lewenslange gevangenisstraf opgelê.

Die regter kan nie wag om in sy spesiale studeerkamer van sy nuutgeboude huis te ontspan nie. Hy en sy vrou, Florence, het dié huis met drie vlakke, wat oor die Hartebeespoortdam uitkyk, laat bou om in hul smaak te pas. Daar is genoeg plek vir hul vyf kinders, skoonkinders en sewe kleinkinders.

Kgomo is ’n boorling van die Noordwes, waar hy sy matriek met die aanmoediging van sy uitgebreide familie aan die Hoërskool Bafokeng in Rustenburg voltooi het.

“My pa, wat 42 jaar in die staatsdiens as soldaat en plaasvoorman gewerk het, het toegesien dat ek werk by die destydse Kommissaris van Bantoesake in Brits kry.

“My Afrikaans was goed, en daarom is ek as tolk aangestel. Ek het regte begin studeer, en later ’n aanklaer geword.”

Hy het met behulp van staatsdiensbeurse sy Iurus-diploma en Legum-diploma, asook sy LLB-graad, verwerf. Daarna het hy ’n landdros en streeklanddros in die Noordwes geword.

Hy was ook oor die jare heen betrokke by die Noordwes Balie, die Vereniging van Demokratiese Regsverteenwoordigers (Nadel) en Lawyers for Human Rights (LHR).

In 1985 het hy besluit om die staatsdiens te verlaat en as advokaat te praktiseer. Hy het lank sy eie praktyk gehad.

Hy is in 1997 genader om ’n regter in die Noord-Kaapse hooggeregshof te word.

“Ons wou eers nie na die Noord-Kaap kom nie,” sê hy.

“Ná gesprekke met ander regters en die destydse minister van justisie, Dullar Omar, het ek egter besef ek moet my dienste hier verrig. Ek en Florence was baie gelukkig hier. Sy was ook die skoolhoof van die Phutanang Severance-kol­lege.”

Hulle het hul kinders oor eerlikheid en fluksheid, oftewel die gevare van luiheid soos in Spreuke geskryf, geleer.

“Ek het vir my kinders vertel wat my pa by my ingeprent het. Wanneer jy ’n pen in jou erf vind wat nie joune is nie, is dit nie joune nie . . .

Kgomo beplan om sy memoires en ’n boek te skryf, en verwag om steeds by regsprojekte betrokke te wees.

My Afrikaans was goed, en daarom is ek as tolk aangestel. Ek het regte begin studeer, en later ’n aanklaer geword.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.