Rower wou glo makker skiet

2016-07-06 06:00
DRIE mans wat van ’n gewapende rooftog by die K&B-supermark aangekla word, van links Ezekiel Sampi (29), Mereki Ishmael Kgosimere (30) en Charl de Graaff (47), het Vrydag (01/07) ’n borgtogaansoek ingedien.  Foto: Charné Kemp

DRIE mans wat van ’n gewapende rooftog by die K&B-supermark aangekla word, van links Ezekiel Sampi (29), Mereki Ishmael Kgosimere (30) en Charl de Graaff (47), het Vrydag (01/07) ’n borgtogaansoek ingedien. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KIMBERLEY. – ’n Staatsgetuie het aan die polisie vertel hy het só kwaad vir een van die vermeende gewapende rowers geword toe hulle die buit van R5 miljoen onder mekaar moes verdeel, dat hy hom wou doodskiet.

Dié voorval het na bewering ure ná ’n rooftog op 16 November 2015 buite die K&B-supermark in Beaconsfield by Olympiastraat 34, Herlear, in Kimberley gebeur.

Twee veiligheidswagte van G4S is vroeër die oggend oorval nadat hulle ’n kitsbank in die supermark met geld volgemaak het.

Só het die ondersoekbeampte, kol. Mathipa Solomon Makgato, Vrydag (01/07) in Ezekiel Sampi (29), Mereki Ishmael Kgosimere (30) en Charl de Graaff (47) se borgtogaansoek getuig.

Die ander verdagtes, Modisaotsile Diseko (38), Jones Mashigo (47), Tabisho Ramabusha (27), Seikanyo Manyama (41), Bongani Nomtsheke (29) en Seth Mthuthuzeli Huhu (29), is in aanhouding.

Die staatsgetuie en gewese sesde verdagte, Molefi George Jingoes (42), is in sy huis in Bloemfontein doodgeskiet, dae nadat hy sy getuieverklaring afgelê het.

Volgens sy verklaring het die bende van 15 rowers uit ’n Noord-Kaapse en ’n Vrystaatse groep bestaan.

Jingoes het vertel die rowers het sakke geld in twee voertuie gelaai. Daarna is sommige van hulle in ’n Quantum-bus opgelaai. Die polisie het vyf vermeende rowers op die toneel in hegtenis geneem.

De Graaff het by sy huis in Herlear glo aangedring dat elke bendelid R20 000 gee sodat onbekende polisielede vir hul samewerking betaal kon word. Dit was toe dat Jingoes ’n rewolwer op De Graaff gerig het.

De Graaff het na bewering ook die Quantum-voertuig besit. Die polisie het later geldsakke met munte in De Graaff se huis gevind. De Graaff is ook ’n beskuldigde in ’n onverwante saak waarin hy van die onwettige handel in ongeslypte diamante verdink word.

Volgens die polisie se inligting het Sampi voorheen by G4S gewerk. Hy moes glo die geldsakke uit die veilig-heidsvoertuig haal, omdat hy die meganismes ken.

Kgosimere, wat voorheen vir G4S in Kimberley gewerk het, is afgedank nadat hy na bewering in Augustus verlede jaar van sy vuurwapen beroof is. Dieselfde vuurwapen is in die rooftog by K&B gebruik.

Kgosimere moes na bewering die veiligheidsvoertuig op die betrokke dag agtervolg en die bewegings aan die bende kommunikeer.

Adv. Quinton Hollander het aangekla. Mvula Khoale, Lee-Anne Sullaphen en Etienne Mathewson het namens hul kliënte aangevoer die staat se saak is swak en steun op die getuienis van die oorledene, wat ook vorige veroordelings gehad het.

Landdros André Williams gaan Woensdag (06/07) uitspraak lewer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.