SAPD-lid: vrae oor selfdood

2016-09-21 06:00
NAZEEM NEWMAN het homself Vrydag (16/09) doodgeskiet. Foto: Emile Hendricks

NAZEEM NEWMAN het homself Vrydag (16/09) doodgeskiet. Foto: Emile Hendricks

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SERS. NAZEEM NEWMAN, die polisieman wat homself by die Transvaalweg-poli-siekantoor in Phakamile Mabijaweg in Kimberley geskiet het, was glo alleen toe die voorval gebeur het.

Volgens lt.kol. Dimakatso Mooi is die omstandighede rondom die selfdood van dié amptenaar omstreeks 17:00 op Vrydag (16/09) steeds duister.

Mooi sê Newman was Vrydag aan diens toe hy homself vermoedelik geskiet het.

’n Ondersoek deur die polisie word nog afgehandel.

Newman en nog drie amptenare het op 7 September in die landdroshof in Kimberley op klagte van diefstal en korrupsie verskyn nadat hulle voor kollegas by die Transvaalweg-polisiekantoor in hegtenis geneem en hul rangtekens verwyder is.

Een van die amptenare het reeds maande tevore bedank en is by ’n ander staatsdepartement werksaam.

Die saak het wyd opslae gemaak omdat die beskuldigdes glo ’n duur bottel whiskey as omkoopgeld aanvaar het en daarvoor in hegtenis geneem is.

Brig. Masebueng Mochologi-Maleeme, Noord-Kaapse kommunikasiehoof van die polisie, het ten tyde van die optrede teen die amptenare gesê: “Die polisie sal nie toelaat dat sy lede by korrupsie betrokke raak nie. Die lede wat veronderstel is om misdaad te beveg, is nou na bewering self daarby betrokke.”

Die amptenare is ná ’n jaarlange ondersoek deur die polisie se ondersoekspan in hegtenis geneem. Hulle meen dat daar ’n waterdigte saak teen die beskuldigdes is.

Verdere vrae oor Newman se selfdood, die klagtes, en of die saak teen hom en die ander betrokke amptenare verband hou met die voorval, is nie deur die polisie beant-woord nie.

Op sosiale netwerke het vriende en kollegas van Newman hom as ’n spesiale persoon onthou.

“Sy pragtige geaardheid . . . en hy’t voetspore agter gelos wat mooi is. RIP Nazeem en sterkte aan familie.

“Ek is in Bloemfontein en was vanoggend verpletter oor die tyding,” het Heidi Daries gesê.

“My hart is aan skerwe oor die dood van ’n geliefde vriend, Nazeem Newman (Boytjie). Mag Allah met sy vrou en kinders wees en hul pyn heel,” het Lamees Meesie Tobias geskryf.

’n Spesiale diens is vir Sondagaand 18:00 by die polisiekantoor waar Newman homself geskiet het, beplan.

Vriende en kollegas uit verskeie dienssektore het by dié kantoor in Phakamile Mabijastraat byeengekom om ’n gedenkkrans te lê en kerse aan te steek.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.