Skokvonds by kleuterskool

2017-05-03 06:01
Gordon Smiles, opsigter en faktotum van die Percival Jas-crèche in Stock & Stock, het die lyk agter die skoolgebou aangetref. Foto: Charné Kemp

Gordon Smiles, opsigter en faktotum van die Percival Jas-crèche in Stock & Stock, het die lyk agter die skoolgebou aangetref. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die naakte lyk van ’n tienermeisie is Dinsdag (25/04) deur kleuterskoolkinders in lang gras in Galeshewe ontdek.

Gift van Staden, Noord-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het sy skok en afgryse oor die voorval uitgespreek.

Kapt. Bashoabile Kale, polisiewoordvoerder, het verlede week gesê hulle probeer nog om die meisie se identiteit vas te stel. Niemand het nog haar lyk geïdentifiseer of opgeëis nie.

“Die lykskouing het getoon dat sy verwurg is. Sy is nie verkrag nie. Ons skat sy was 15 of 16 jaar oud.”

Van Staden vra die gemeenskap om met inligting na vore te kom om die meisie te help identifiseer.

Hy veroordeel ook die moord ten sterkste.

“Die wyse waarop sy vermoor is, is verskriklik. Dit is ’n weerspieëling van die morele verval in die same­lewing.

“My departement sal steeds deur die geslags- en transformasie­programme, asook die gestremdheid-en-slagofferbemagtigingsprogram, gestremde mense en slagoffers van geweld en mishandeling bystaan.

“Ons versoek gemeenskappe om die kwesbares onder ons te beskerm. Die gemeenskap moet saam met die polisie werk om die skuldiges op te spoor.”

Gordon Smiles, faktotum van die Percival Jas-crèche in die woonbuurt Stock & Stock waar die lyk gevind is, het sy skok uitgespreek.

“Ek het die gebou omstreeks 07:30 oopgesluit. Twee seuntjies het by die venster uitgekyk en my geroep. Hulle was benoud.

“Ek kon dadelik sien dit is ’n lyk. Ek het my kop vasgegryp. My hart het gespring.

“Ek het aan die kinders vertel dat die meisie slaap en dat ek ’n kombers oor haar gaan gooi. Een van die ouers het die polisie gebel.

“Die onderwyseresse het gehelp om die kinders aan die ander kant van die gebou besig te hou sodat hulle nie die lyk kon sien nie.

“Die meisie het in die lang gras onder die venster gelê. Haar onderlyf was kaal en die binnekant van haar bobene blou. Haar gesig was ook blou.

“Ons het die kinders vertel dat die polisie die meisie huis toe neem om te gaan slaap.

“Ek het daarna nagmerries gehad. Die een seuntjie het ook gesukkel om die beeld uit sy gedagtes te kry.

“Die gras op die skoolterrein is meer as ’n jaar gelede deur die munisipaliteit gesny. Dit is gevaarlik, want ons kan nie die kinders toelaat om daar te speel nie.

“Die motorhekke is ook die heeltyd oop.

“Enigiemand kan hier inkom. Mense stort ook hul rommel op die skoolterrein,” sê hy.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

How to get rid of fleas

Before you call in the pricey exterminators, try this DIY approach that promises to get your flea problem under control.

 
 

Paws

12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Do you know what you are feeding your dog?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.