Skommeling lê weer voor vir kabinet

2017-08-23 06:01
Deshi Ngxanga, die Noord-Kaap­se ANC se provinsiale sekretaris. Foto: Charné Kemp

Deshi Ngxanga, die Noord-Kaap­se ANC se provinsiale sekretaris. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die ANC se uitvoerende komitee in die Noord-Kaap beplan ’n kabinetskommeling kort op die hakke van die omstrede skommeling wat die premier vroeër vanjaar in die sop laat beland het.

Die departemente wat glo onder die snoeiskêr gaan deurloop, is gesondheid, samewerkende regering, onderwys en openbare werke.

Só het Deshi Ngxanga, provinsiale sekretaris, Woensdag (16/08) ná die provinsiale beraad in Kimberley aangekondig.

Intussen het die voorsitter, dr. Zamani Saul, gewaarsku dat die party weens politieke verskille “in twee perde­karre” by die nasionale verkiesingskonferensie in Desember gaan opdaag.

Hy het die uitvoerende komitee se steun aan adj.pres. Cyril Ramaphosa toegesê om tot die nuwe partypresident verkies te word.

“Ons sal die verdedigers van die ANC wees, terwyl die ander groep die Gupta-stormtroepe sal wees.

“Ons wil die party van verlamming deur die parasitiese spinneweb red en ons waardigheid herstel.

“Ons dring aan dat die Guptas onmiddellik in hegtenis geneem word.

“Hul teenwoordigheid is verraad teenoor die struggle.”

Ngxanga sê die uitvoerende ko­mitee gaan binnekort die kabinet skommel om departemente te versterk.

“Dit sal LUR’e en administratiewe poste raak.

“Ons sit met bepaalde leemtes in die provinsie. Die provinsie se vervalle infrastruktuur moet opgeknap word. Die voorsiening van basiese infrastruktuur moet versnel word. Dit is onaanvaarbaar dat bejaardes en mense met chroniese siektes nie medisyne by klinieke kan kry nie.

“Niemand se pos is gewaarborg nie, selfs nie die premier s’n nie. Ons volg ’n holistiese benadering. Die mens in die pos en die probleem is nie sinoniem nie. Ons fokus eerder op die probleem.”

Die party wil voorts dringend die Kimberley-lughawe hernoem.

Verder word die hoë werkloosheidsyfer van 43% as heeltemal onaanvaarbaar beskou, sê hy.

“Ons moet vaardighede vermeerder en langtermyn-planne opstel om klein, medium-, en mikro-ondernemings te ontwikkel.”

Sowat 30% van staats­aankope moet jeugdige entrepreneurs bevoordeel.

Taakgroepe moet ook toesien dat soveel as moontlik kontrakte aan plaaslike sakelui toegestaan word.

“Ons wil die departement van energie betrek sodat plaaslike munisipaliteite direk hernubare krag van onafhanklike verskaffers kan koop.”

Munisipaliteite se geweldige skuld aan Eskom moet ook opgelos word.

“Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings (Salga) en die ministers van energie en samewerkende regering moet binne ’n maand met die provinsiale regering vergader oor die jongste dreigemente om elektrisiteit na sekere dorpe af te skakel.

“Infrastruktuur by munisipaliteite val uitmekaar. Kimberley sit met slaggate en al die rade met geweldige watervoorsiening- en sanitasieprobleme.

“Ons wil projekspanne by elke raad aanstel wat moet verseker dat projekte voltooi word,” sê Ngxanga.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.