Son hou ligte aan

2016-03-16 06:00
DIE ACWA Power Solafrica- Bokpoort- Gekonsentreerdesonkrag-aanleg is Maandag (14/03) ná net meer as twee jaar geopen. Die bou van die sonkragpark het sowat R5 miljard gekos en sal krag aan ongeveer 200 000 huise kan voorsien. Die 50 MW krag wat by Bokpoort opgewek gaan word, sal ’n besparing van 230 000 ton koolstof-uitstraling tot gevolg hê. Die paraboliese spieëls by Bokpoort beslaan ’n gebied van sowat 600 000 m². In die somer wek die Bokpoort-sonkragpark 12 uur lank krag op. Op ongunstige dae en saans kan die hitte, wat in twee gesmelte souttenks gestoor word, genoeg stoom verskaf om vir nog 9,3 uur elektrisiteit op te wek. Foto: Anena Burger

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE ACWA Power Solafrica- Bokpoort- Gekonsentreerdesonkrag-aanleg is Maandagmiddag (14/03) geopen.

Die bouwerk aan dié sonkragaanleg het sowat twee en ’n half jaar geneem en het 1 300 werkgeleenthede geskep, waarvan 400 regstreeks aan die gemeenskap van Groblershoop gegee is.

Hooggeplaastes van die Noord-Kaapse regering, onder wie die premier, Sylvia Lucas, en die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, het die glansgeleentheid bygewoon.

Die bou van die sonkragpark het sowat R5 miljard gekos en sal krag aan sowat 200 000 Suid-Afrikaanse huishoudings kan voorsien. Die sonkragaanleg wek 50 MW krag op. Sonlig word van die spieëls op ’n hitteversamelingselement gefokus wat vloeistof tot 393°C verhit. Die stoom wat ontsnap, laat ’n stoomturbine draai wat elektrisiteit opwek.

Die Bokpoort-sonkragaanleg kan 12 uur lank krag opwek en op ongunstige dae en saans kan die hitte, wat in twee souttenks geberg word, genoeg stoom verskaf om vir nog 9,3 uur elektrisiteit op te wek.

Chris Ehlers, besigheidsdirekteur van ACWA Power, het gesê die maatskappy sal nou die Redstone Concentrated Solar Power-projek aanpak. Dié projek sal selfs groter as Bokpoort wees en sowat 100 MW opwek. Davies het die Bokpoort-projek geloof en het gesê volgens sy wete is dit as een van die drie bestes ter wêreld beskryf.

Muhammad Abunayyan, voorsitter van ACWA, het gesê mense was skepties oor die land se vaardighede om die reusagtige taak te verrig, maar die projek is ’n enorme sukses.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.

Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.