Sonkrag sprei sy vlerke in NK

2016-01-27 06:00
WERKERS van Pia Solar op Dinsdag 19 Januarie besig om sonpaneelstaanders by Kimberley-lughawe te installeer. Dit sal later met sonpanele toegrus word. Meer as 1 800 sonpanele sal by die lughawens opgerig word om sonkrag op te vang.

WERKERS van Pia Solar op Dinsdag 19 Januarie besig om sonpaneelstaanders by Kimberley-lughawe te installeer. Dit sal later met sonpanele toegrus word. Meer as 1 800 sonpanele sal by die lughawens opgerig word om sonkrag op te vang.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Noord-Kaap baan weer die weg wanneer dit by sonkragopwekking kom, met twee van die provinsie se lughawens wat binnekort hul eie krag met behulp van fotovoltaïse sonpaneelaanlegte sal kan opwek.

Kimberley en Upington se lughawens – die twee grootste lughawens in die provinsie – sal volgens die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) teen Junie vanjaar met ultramoderne 500 kW- sonaangedrewe fotovoltaïse stelsels toegerus wees, wat hulle sal help om die krag van die son te benut.

Volgens Luthando Kekana, ’n woordvoerder vir Acsa, het bouwerk reeds begin en behoort die stelsels, een by elk van die lughawens, in die middel van 2016 voltooi te wees.

Kekana sê meer as 1 800 sonpanele sal by elk van die twee lughawens opgerig word om sonkrag op te vang, wat dan in elektrisiteit omgeskakel sal word. Die stelsels sal Acsa help om koste te bespaar en is ’n belangrike eerste stap vir die benutting van hernubare energie.

Hoewel dié stelsel die lughawens sal help om sonkrag op te wek, sal dit vir eers nie genoeg wees om volledig aan al die lughawens se energiebehoeftes te voorsien nie. Volgens Kekana is die plan om die lughawens mettertyd volkome selfversorgend te maak sodat hulle ten volle onafhanklik van die elektrisiteitsnetwerk sal kan funksioneer.

Dieselfde tegnologie is reeds suksesvol by die George-lughawe in die Wes-Kaap ingespan, waar sonkrag aan sowat 41% van dié lughawe se energiebehoeftes voorsien. Verlede jaar was die Cochin- Internasionale Lughawe in Indië die eerste ter wêreld om al sy energie met sonkrag op te wek met ’n 12 MW- sonaangedrewe fotovoltaïse stelsel.

Dit is egter nie die eerste keer dat die Noord-Kaap die weg baan met sonkrag nie:

  • Noord-Kaapse sonkragprojekte op die plaas Droogfontein by Kimberley en in De Aar het uitsonderlike prestasies behaal en gewys wat met sonkrag gedoen kan word.

Dié projekte, van die eerste sonkragprojekte in Suid-Afrika, spog dat die geriewe sowat 85 458 MW per jaar opwek X genoeg om jaarliks in die energiebehoeftes van 19 000 huise te voorsien.

  • In Januarie 2015 het Noordkaap, susterkoerant van Express Northern Cape, berig oor bouwerk wat aan die Redstone-gekonsentreerde-sonkragaanleg by Postmasburg begin het. Die aanleg sal ’n kapasiteit van meer as 100 MW hê en genoeg krag vir meer as 200 000 huise opwek.

Dieselfde tegnologie is reeds suksesvol by die ­George-lughawe in die Wes-Kaap ingespan, waar sonkrag aan sowat 41% van dié lughawe se energiebehoeftes voorsien.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.