Spoorsnylegende stap weer

2017-05-03 06:01
Andrew Kruiper ná sy suksesvolle dubbele knie-operasie by die Netcare Linksfield-hospitaal in Johannesburg. Foto: Verskaf

Andrew Kruiper ná sy suksesvolle dubbele knie-operasie by die Netcare Linksfield-hospitaal in Johannesburg. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vir ’n spoorsnylegende wat dele van die Kgalagadi-oorgrenspark sy kantoor noem, kan las van die knieë taamlik loopbaanbeperkend wees.

En so was dit ook vir ’n lid van die Khomani-San-gemeenskap wat op 56-jarige ouderdom byna deur osteo- artritis in sy spore gestuit is.

Maar nou is Andrew Kruiper weer aan’t loop en herstel ná ’n dubbele knievervanging.

“Met hierdie twee bene . . . dit voel of ek deur water gegaan het en anderkant uitgekom het en hulle is gesond – dis hoe hierdie dokter met my gewerk het.”

Só het Kruiper sy onlangse behandeling by die Netcare Linksfield-hospitaal in Johannesburg beskryf waar hy deur dr. Ponky Firer, ortopediese chirurg, geopereer is.

Voor die operasie het x-straalfoto’s van sy knieë gewys dat die kraakbeen heeltemal verweer het, het Mpho Raborife verlede week vir Netwerk24 berig.

Firer het ’n mediese ­maatskappy oorreed om dele van prostetiese kniegewrigte te skenk.

Hy het ook die Netcare-stigting gevra om die koste van die operasie en Kruiper se ­hospitaalverblyf te dek vir die knievervanging wat op 14 Maart uitgevoer is.

Verlede week het skakel­beamptes van die hospitaal ’n nuwe foto van Kruiper met krukke en kniekouse verskaf – dié man wat by sy oom, wyle Vet Piet, van die diere, hul spore en die veld geleer het.

Oor hoe sy knieprobleem sy dagtaak in die Kalahari belemmer het, vertel Kruiper aan Netcare: “Ek het diere se spoor gesny en navorsers tot by hulle geneem sodat hulle die diere kan bestudeer.

“Ek het ook my dierekennis met toeriste en parkbesoekers gedeel, maar ek moes ophou, want ek kon net nie meer nie. Dit het my hart gebreek.”

Patricia Glyn, skrywer en radio-persoonlikheid, het in die bres getree vir Kruiper deur kontak met welwillendes in die mediese veld te maak, soos Firer, wat ’n span saamgestel het om te help en die werk pro bono te doen.

“Die prostetiese las word ’n mobiele draagstukknie genoem en laat uitstekende beweeglikheid toe. Vir iemand soos Andrew, wat weer aktief in die veld gaan wees, wil ons die maksimum mobiliteit verseker,” sê Firer.

Mande Toubkin, bestuurder van noodtrauma, trauma, oorplanting en korporatiewe maatskaplike besteding, was maar te bly om met hierdie ingryping te kon help.

“Benewens daarvoor dat die operasie (Kruiper se) lewens­gehalte en mobiliteit verbeter het, hoop ons dat dit hom sal help om sy aansienlike wys-heid met die volgende geslag te kan deel,” sê Toubkin.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/World
 

Fascinating facts about dogs

Think you know a lot about dogs? How many of these facts do you know?

 
 

Paws

Perfectly captured cat snapchats!
Fascinating facts about dogs
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.