Staat weier borgtog

2016-11-02 06:01
Die beskuldigdes in die Baaitjie-moordsaak Dinsdag (25/10) in die beskuldigdebank van die stampvol landdroshof in Postmasburg. Van links is Zoniselo (Zet) Magawu, ’n ANC-kandidaat en plaaslike takvoorsitter wat sy setel verloor het, Thompson Mphondomisa, Matthews Legodu, Richard Hasane, Tsame Frak Baxane en Paulus Mvuleni Mgcera (51), ’n proporsionele ANC-raadslid van die Kgatolopele-munisipaliteit in Daniëlskuil.  Photo: Emile Hendricks

Die beskuldigdes in die Baaitjie-moordsaak Dinsdag (25/10) in die beskuldigdebank van die stampvol landdroshof in Postmasburg. Van links is Zoniselo (Zet) Magawu, ’n ANC-kandidaat en plaaslike takvoorsitter wat sy setel verloor het, Thompson Mphondomisa, Matthews Legodu, Richard Hasane, Tsame Frak Baxane en Paulus Mvuleni Mgcera (51), ’n proporsionele ANC-raadslid van die Kgatolopele-munisipaliteit in Daniëlskuil. Photo: Emile Hendricks

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Getuienis wat in die borgtogaansoek van die ses vermeende moordenaars van die DA-raadslid Johannes Baaitjie aangehoor is, het die landdros oortuig die beskuldigdes se honger na politieke en geldelike gewin en afskuwelike dade maak borgtog onmoontlik.

Volgens landdros Christo Els hou hulle ook ’n gevaar vir lede van die gemeenskap en staatsge­tuies in.

Die ses beskuldigdes in die Postmasburg-hofsaal het uitdrukkingloos voorgekom.

Buite het groepe DA- en ANC-ondersteuners onderskeidelik teen en vir borgtog gedreunsing.

Die beskuldigdes kon geen buitengewone omstandighede bewys wat borgtog regverdig nie.

“Die beskuldigdes, waaronder twee ANC-ampsdraers en ’n tenderpreneur, se verlies aan politieke mag en geldelike gewin nadat hulle die onlangse munisipale verkiesing verloor het, was die motief vir die moord,” het Els bevind.

Zoniselo (Zet) Magawu (36), ’n ANC-kandidaat en plaaslike takvoorsitter wat sy setel verloor het, is die eerste verdagte. Die sesde verdagte is Paulus Mvuleni Mgcera (51), ’n proporsionele ANC-raadslid van die Kgatolopele-munisipaliteit in Daniëlskuil.

Hy kon weens die verlies aan setels nie as burgemeester aangewys word nie.

Die ander beskuldigdes is Tsame Frak Baxane (31), Matthews Legodu (41), Thompson Mphondomisa (49) en Richard Hasane (33).

Baaitjie en sy sakevennoot Shuping Nouse het op 18 Augustus gedink hulle gaan ’n potensiële kliënt oor ’n bouprojek in Postmasburg spreek toe hulle geskiet is.

Baaitjie se lyk is op 18 Augustus op die pad tussen Daniëlskuil en Postmasburg gevind. Nouse is op 23 Augustus in die hospitaal aan sy wonde dood.

Baaitjie het wyk 2 as DA-kandidaat in die verkiesing gewen, terwyl wyk 1, waar Magawu die ANC-kandidaat was, deur die Kgatelopele Community Forum (KCF) afgerokkel is.

Die landdros het bevind Magawu het etlike vorige veroordelings. Hy het gelieg dat hy vir een daarvoor presidensiële kwytskelding verkry het. Sy, Legodu en Mphondomisa se ander hangende sake van huisbraak, diefstal, aanranding en die rig van ’n vuurwapen maak hulle gevaarlik, is beslis.

Mphondomisa, wat na bewering die doodskoot op Baaitjie afge­trek het, het glo ook al voorheen soortgelyke “heavy jobs” in Pretoria gedoen. Baxane het hom glo gehelp om Baaitjie om die lewe te bring.

Legodu het glo teenoor ’n staatsgetuie gespog dat hy voorheen al iemand met ’n outomatiese vuurwapen geskiet het. Hy het ook glo gedreig om ’n polisieman te skiet.

Mgcera se regsverteenwoordiger het aangevoer dat hy weens sy status en aansien vrygelaat moet word. Els het dit verwerp.

Die beskuldigdes word met selfooninligting en direkte getuienis met die dade verbind. Legodu het die motief in ’n gesprek met die staatsgetuie wat deur die polisie opgeneem is, uiteengesit.

Die verrigtinge is tot 29 November uitgestel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.