Stiefma op borgtog

2016-06-01 06:00
DIE brandmerke wat die sewejarige seun van Wrenchville gely het nadat sy stiefma hom met ’n sambok aangerand en met kookwater gebrand het.  Foto: SAPS

DIE brandmerke wat die sewejarige seun van Wrenchville gely het nadat sy stiefma hom met ’n sambok aangerand en met kookwater gebrand het. Foto: SAPS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n VROU (40) wat na bewering haar vriend se sewejarige seun met ’n sambok aangerand en met kookwater gebrand het, is Vrydag (27/05) in die Kuruman-landdroshof op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Landdros Prudence Magidela het in die stampvol hofsaal gesê die beskuldigde het geen hangende sake teen haar nie en sy is ook nie voorheen aan enige wandade skuldig bevind nie.

Sy het borgtog toegestaan en die verhoor is tot 24 Junie vir verdere ondersoek uitgestel.

Gemeenskapslede van die woonbuurt Wrenchville, wat die hofverrigtinge bygewoon het, was baie ontevrede oor die feit dat die vrou borgtog toegestaan is.

Een het buite die hof gevra of dít die manier is hoe die hof kinders beskerm.

Die vrou is op 18 Mei in hegtenis geneem nadat die polisie klagtes ontvang het dat ’n kind aangerand en erg mishandel word en het op 20 Mei in die hof verskyn. Dit het gekom nadat konst. Ditsela Tau van die Wrenchville-polisiekantoor op die publiek se klagtes gereageer en by die huis in Wrenchville besoek afgelê het.

Die beskuldigde wou haar glo eers nie in die huis toelaat nie. Tau is egter die huis in en het die kind in ’n kamer gekry.

Die kind se boude was oortrek van rooi, stukkende wonde waar hy met ’n sambok geslaan is. Brandmerke, glo veroorsaak deur kookwater, was duidelik op sy boude en aan sy regterskouer sigbaar.

Die seun het vyf dae in die hospitaal aangesterk, waarna hy na ’n suster van die beskuldigde gebring is totdat ’n veilige hawe vir hom gevind kon word.

“Wat gebeur het, is onaanvaarbaar. Ons sê nee vir kindermishandeling en ons vra die gemeenskap van Wrenchville om saam te staan sodat dié soort misdade voorkom kan word,” het Dutch Scholtz, ’n lid van die gemeenskapspolisiëringsforum van Wrenchville, gesê. Die seun is ’n leerling aan die Laerskool Wrenchville.

Evelyn van der Westhuizen van Wrench­ville het gesê die seun se ma is oorlede.

“Sy pa het by die beskuldigde betrokke geraak en hulle woon saam.”

Michi Hugo: Ek het nie woorde nie. Die sogenaamde stiefma kan nou maar ver weggesluit word. My vraag bly egter, waarom moes die kind lank ly en het niemand vinniger iets aangemeld of gedoen nie?!

Christa de Vries: Ek wil ook weet, het niemand ooit iets gesien of gehoor nie?

Elbie Stewart: Ek het nie woorde nie. Eintlik het ek woorde, maar dit sal my in groot moeilikheid laat beland.

Beané Steenkamp: Kan nie glo dat iemand so siek kan wees nie. Geen kind verdien om in vrees te lewe nie. Die vrou verdien erger straf as die tronk. Dieselfde en erger moet aan haar ook gedoen word.

Mureda Hougaard-Kenyon: Woorde het ek nie. SA, bring doodstraf terug.

Louisa Bankies Louw: Soos ek nou voel, moet daardie ma nie naby my kom nie. Dan vra mense nog hoekom daar straatkinders is? Liewer koud en honger op straat as om blootgestel te word aan sulke mishandeling. Het niemand by die skool iets agtergekom nie? Of was dit net nog ’n kind met gedragsprobleme of een wat nie skool sonder rede bywoon nie? My hart pyn vir die kind.

Kommentaar per SMS: Ek dink vir ’n ma is sy baie gevoelloos om dit aan ’n kind te kan doen – of dit nou haar eie kind is of nie. Sulke mense hoort lank agter tralies. Die arme kind het nog soveel om voor te leef. My hart is baie seer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.