Stryd om water nog nie verby

2017-08-30 06:00

Altesaam 14 Noord-Kaapse munisipaliteite is wanfunksioneel as dit by die voorsiening en onderhoud van water- en sanitasiedienste kom, het Abe Abrahams, hoof van die provinsie se betrokke departement, gesê.

Daarby is ses munisipaliteite volgens Abrahams “amper wanfunksioneel” en nege is “redelik op standaard”.

Slegs die ZF Mgcawu- en Frances Baard-distriksmunisipaliteite presteer goed.

Abrahams het Dinsdag 15 Augustus ’n voorlegging aan die komitees van onderwys en ontspanning, en maatskaplike dienste van die nasionale raad van provinsies gedoen.

Die wanfunksionele rade is dié van Kai !Garib, Tsantsabane, Kga-telopele, Joe Morolong, Gamagara, Dikgatlong, Renosterberg, Kareeberg, Thembelihle, Siyancuma, Siyathemba, Nama Khoi, Kamiesberg en Karoo Hoogland.

Die rade wat amper wanfunksio-neel is, is dié van Ga-Segonyana, Phokwane, Magareng, !Kheis, Ubuntu en Khai-Ma.

Die probleme word vererger deur die droogte in gebiede wat reeds ’n lae gemiddelde jaarlikse reënval kry.

“Altesaam 86 dorpe en 200 nedersettings is grootliks van grondwater afhanklik.

“Die Vaal- en Oranjerivier word ook as bron vir sekere dorpe gebruik,” het Abrahams gesê.

Dit word al duurder om rivierwater, weens die toenemende besoedeling hoër op in die riviere, te suiwer.

“Ons glo dat die beplande Vioolsdriftdam meer water beskikbaar sal stel.

“Ons glo ook dat die bestuur van die watervloei na die Ramsar-vleiland by die mond van die rivier sal verbeter.”

Die Vioolsdriftdam-projek is effens agter skedule.

Sekere gemeenskappe, soos Goodhouse, sal verskuif moet word om plek vir die dam te maak.

“Ons het maksimum kapasiteit in plekke soos Gamagara bereik waar ons net genoeg water vir die myne en inwoners kan verskaf,” het Abrahams gesê.

Abrahams het ook gesê dat die departement nie genoeg geld kry om watertoegang vir nou en in die toekoms aan dorpe en huishoudings te verskaf nie.

“Hoewel baie beplanning reeds gedoen is en sekere projekte in aanbou is, kan dit nie vorder nie weens die munisipaliteite se tekort aan geld.”

Die agterstand in watervoorsie-ning en voorsiening van sanitasiegeriewe in nedersettings, veral in die Joe Morolong-distrik, is uiters kommerwekkend.

“Mense verhuis gedurig na groter dorpe en stede op soek na werk, wat ook die druk op die waterinfra-struktuur verhoog.

“Ongelukkig word die toiletemmerstelsel ook nie uitgeskakel nie.

“Ons vind dat nuwe emmertoilette steeds by nuwe behuisingsprojekte in landelike gebiede ingerig word.

“Die doelwit word aanmekaar verskuif,” het hy gesê.

Die goeie nuus is dat heelwat grootmaatwater- en ander infra-struktuurprojekte in die provinsie, en ook in Kimberley, beplan word.

Sommige van dié projekte is reeds voltooi.

Die rioolpomp in Carters Glen wat probleme verskaf, asook die Gogapomp in Galeshewe en die waterpype by die Newton-reservoir, gaan vervang word.

Die Riverton-aanleg gaan ook opgeknap word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.