Talle durf Twee Oseane aan

2017-04-12 06:00
’n Paar atlete van Vodacom Kimberley Road Runners wat op Saterdag (15/04) aan die Twee Oseane-marathon en halfmarathon gaan deelneem. Foto: Verskaf

’n Paar atlete van Vodacom Kimberley Road Runners wat op Saterdag (15/04) aan die Twee Oseane-marathon en halfmarathon gaan deelneem. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Honderde atlete van Kimberley en omliggende dorpe sal Saterdag (15/04) op die Paasnaweek die Twee Oseane-ultramarathon en halfmarathon op die Kaapse skiereiland aanpak. Daar is ook ’n natuurwedloop.

Inskrywings vir die ultramarathon is vanjaar tot 11 000 deelnemers beperk, terwyl inskrywings vir die halfmarathon tot 16 000 beperk is.

Baie van die plaaslike atlete het reeds per motor, bus, trein en vliegtuig na Kaapstad vertrek.

Terwyl sommige atlete slegs die wedlope binne die toegelate afsnytyd van sewe uur wil voltooi, is daar ander wat vir bronsmedaljes (onder ses uur), Sainsbury-medaljes (onder vyf uur) en die gesogte Twee Oseane-silwer­medalje (onder vier uur) mik.

Goue medaljes gaan slegs aan die eerste tien mans en vroue wat die wedloop voltooi.

Die organiseerders van die wedloop het laat weet dat daar vanjaar ’n bonusbedrag van R1 miljoen op die spel is vir die atlete wat ’n nuwe roeterekord kan opstel.

Die mans- en vrouerekord word onderskeidelik deur Thompson Magawana and Frith van der Merwe gehou.

Magawana het in 1988 ’n blitsvinnige mansrekord van 3:03:44 opgestel.

’n Jaar later het Van der Merwe ’n nuwe rekord van 3:30:36 opgestel.

Die enigste atlete wat die naaste aan hierdie rekords kon kom, was die Zimbabwier Marko Mambo, wat in 2005 die wedloop in 03:05:39 gewen het, en die Rus Olesya Nurgalieva, wat in 2008 die vrouewedloop in 03:34:54 gewen het.

Volgens Carol Vosloo, die Twee Oseane-marathon se algemene bestuurder, is albei hierdie rekords opgestel in ’n tyd toe die Twee Oseane-ultramarathon op ’n afdraande geëindig het.

  • Die roete het intussen verander en atlete moet nou ’n lang opdraande tot by die eindpunt klim, wat beteken dat dit nou moeiliker is om ’n nuwe rekord op te stel. Die wedloop word soos gewoonlik op SABC2 uitgesaai en kan ook gevolg word op ’n skakel wat op die Twee Oseane-wedloop se webtuiste geplaas sal word by www.twooceansmarathon.org.za.

Die eerste atlete wat aan die halfmarathon deelneem, spring om 05:50 weg. Atlete wat die ultramarathon aanpak, spring om 06:30 weg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.