Terugskommeling kwel

2017-06-21 06:02
Die provinsiale leiers van Cope, die DA en die EFF in die Noord-Kaap het Dinsdag (13 Junie) kommer uitgespreek oor die Noord-Kaapse premier Sylvia Lucas se besluit om die skommeling van haar kabinet te herroep, wat beteken dat die omstrede Mac Jack weer in sy pos as LUR van ekonomiese ontwikkeling, finansies en die tesourie aangestel is. Van links is Pakes Dikgetsi (Cope), Andrew Louw (DA) en Aubrey Baartman (EFF). Foto: Christiaan Cloete

Die provinsiale leiers van Cope, die DA en die EFF in die Noord-Kaap het Dinsdag (13 Junie) kommer uitgespreek oor die Noord-Kaapse premier Sylvia Lucas se besluit om die skommeling van haar kabinet te herroep, wat beteken dat die omstrede Mac Jack weer in sy pos as LUR van ekonomiese ontwikkeling, finansies en die tesourie aangestel is. Van links is Pakes Dikgetsi (Cope), Andrew Louw (DA) en Aubrey Baartman (EFF). Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Opposisiepartye het Dinsdag 13 Junie kommer uitgespreek oor die Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, se besluit om die omstrede herskommeling van die Noord-Kaapse kabinet ongedaan te maak.

Die DA, EFF en Cope het veral kommer uitgespreek oor die heraanstelling van Mac Jack as die LUR van ekonomiese ontwikkeling, finansies en die tesourie.

“Daar hang tans ’n donker wolk van omstredenheid oor Jack se kop, net soos sy voorganger, John Block. In ’n dossier wat by die Valke ingedien is, word melding gemaak van ’n bedrag van R26 miljioen wat uit die Noord-Kaapse fonds vir ekonomiese groei en ontwikkeling gekom het en glo aangewend is om die ANC se ver­kiesingskonferensie te finansier,” lui ’n uittreksel uit die verklaring.

Volgens Andrew Louw, provinsiale leier van die DA in die Noord-Kaap, laat die skuif opnuut vrae ontstaan oor hoe veilig openbare geld is met Jack in beheer van die tesourie.

Volgens Pakes Dikgetsi, provinsiale leier van Cope, laat die besluit om Lucas se kabinetskommeling te herroep ook vrae ontstaan oor haar onafhanklikheid as premier.

Volgens Dikgetsi het alleenlik die premier van die Noord-Kaap ingevolge die Grond­wet die mag om lede van die uitvoerende raad aan te stel, bevoegdhede en funksies aan hulle toe te wys en hulle te ontslaan.

“Die ANC het nie die mag om die premier aan te sê hoe sy haar grond­wetlike verantwoordelikheid moet uitvoer nie,” meen Dikgetsi.

Aubrey Baartman, provinsiale leier van die EFF, meen dat die heraanstelling van Jack die publiek se vertroue in Lucas en die Noord-Kaapse leierskap geskend het en meen dat haar verbintenis tot die bekamping van korrupsie nou in twyfel getrek sal word.

Lucas het in Mei, aan die vooraand van die ANC se provinsiale beraad in Colesberg, tot groot verbasing aangekondig dat sy haar kabinet skommel.

Die skommeling het gekom in ’n tyd wat Lucas en Zamani Saul in ’n felle stryd om die leierskap van die ANC in die Noord-Kaap gewikkel was.

Die skommeling, wat wyd as ’n politieke skuif beskou is, is skerp in die ANC gekritiseer.

Lucas het later die skuif verdedig deur te sê dat dit gedoen is om korrupsie te beveg.

Nadat Saul die leierskapstryd gewen het en as provinsiale voorsitter van die ANC in die Noord-Kaap verkies is, is Lucas se skuiwe egter ongedaan gemaak en is die geskorste lede van die uitvoerende raad, insluitend Jack en Pauline Williams, LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, heraangestel.

Hulle is verlede week weer ingehuldig.

Volgens Louw het opposisiepartye reeds ’n versoek by die speaker van die Noord-Kaapse wetgewer ingedien dat daar oor Lucas se besluit om haar skommeling om te keer, gedebatteer word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Buying a puppy? Don’t get scammed!

Hundreds of complaints are filed every year from victims who were scammed when buying a dog online.

 
 

Paws

WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
11 animals before and after they were adopted from shelters
Competition pet grooming – creative or too extreme?
5 Celebrities who are afraid of animals
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.