Toer deur parke help renosters

2015-12-09 06:00
WAYNE BOLTON

WAYNE BOLTON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SY mikpunt – om deur 19 nasionale parke in Suid-Afrika met ’n bergfiets te ry vir die bewusmaking van renosterstropery, die bekamping daarvan en om geld vir ’n “weeshuis” vir klein renostertjies in te samel.

Wayne Bolton, ’n ere-veldwagter van SANParke en gekwalifiseerde veldgids vir die Kruger- en Addo- Nasionale Parke, het op 28 November voor die Pafurihek by die Krugerwildtuin met sy fietstoer begin.

Die tema vir sy toer is: One land, love it.

Bolton se vrou, Nikki, en hul twee kinders, Daniel en Laura, wat almal ook ere-veldwagters is, staan hom tydens die toer by. Die twee kinders sal ook dele saam met hom ry.

Hy beskou homself as ’n gemiddelde sportman wat al ses keer aan die Duzi-kanovaart, aan marathons én die Comrades-marathon deelgeneem het.

Dit is die eerste keer dat Bolton so ’n fietstoer aanpak. Hy wil mense aanmoedig om ’n bydrae tot die volhoubaarheid van die natuur te doen.

Deur al die nasionale parke te besoek wil Bolton aan die gemeenskap wys dat bewaring en volhoubaarheid ’n ketting vorm.

Hy sal elke keer van die hek by die betrokke parke wegspring. Tydens sy besoek aan die onderskeie parke sal hy met die onderskeie parkbestuurders praat oor berigte vir hul onderskeie parke en die voordele wat elke park vir besoekers inhou.

Die belangrikste van sy besoeke is die rol wat onderteken moet word.

Bolton sê tot dusver was die rit baie interessant én uitdagend. “Ek het binne die eerste ses dae 640 km voltooi. Dit was baie warm, met temperature tussen 40° en 48° Celsuis en dan ook nog die hitte wat van die teer af opslaan.

“Ons het ook besonderse Suid-Afrikaners ontmoet, wat ons baie ondersteun het.”

Volgens Bolton het die personeel van die Kruger, Mapungubwe en Marakele hulle entoesiasties ontvang, wat die lang ure op die pad die moeite werd gemaak het. “Dit is gewone mense, soos die SANPark-veldwagters, wat die buitengewone doen.”

Bolton is tans op pad Golden Gate toe en sal vandag (09/12) deur Bethlehem ry. Hy en sy gesin sal vir ’n paar dae by Golden Gate rus voordat hulle die pad oor Bloemfontein na Mokala sal aandurf.

Die Boltons, van Port Elizabeth afkomstig, behoort op 11 Februarie by die Addo- Nasionale Park – die einde van die tog – aan te kom. Die toer eindig met ’n glansdinee by die Addo- Nasionale Park. Hiertydens sal ’n veiling gehou word en al die geld wat tydens die toer ontvang is, sal vir die Care for Wild Africa, ’n renoster-weeshuis, gaan. Bolton se toer kan op Facebook One Land Love It Expedition, asook op Twitter @onelandloveit, gevolg word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Land reform model fizzles

13 minutes ago

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.