Vandale ontsier erfenis

2017-08-30 06:01
Die Honoured Dead Memorial is verlede week met spuitverf gevandaliseer. Foto: Christiaan Cloete

Die Honoured Dead Memorial is verlede week met spuitverf gevandaliseer. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Honoured Dead Memorial, een van die Diamantstad se ikoniese bakens en ’n provinsiale erfenisgebied, is verlede week gevandaliseer.

Vandale het vermoedelik iewers tussen Dinsdagaand (22/08) en Woensdagoggend (23/08) met swart spuitverf die woorde “Aux”, “Bell B”, “P.U.B” en “Top Dog” op ’n gedeelte van die monument naby die kanon geverf.

Dit ten spyte van die feit dat daar gereeld voertuie van ’n bekende plaaslike sekuriteitsmaatskappy met wagte oorkant die straat geparkeer staan.

Sello Matsie, ’n woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, het by navraag gesê die munisipaliteit beskou die beskadiging van die monument in ’n ernstige lig en dat kriminele klagte ingedien kan word.

Dit is onbekend of die munisipaliteit wel ’n saak van opsetlike saakbeskadiging aanhangig gemaak het.

Volgens Matsie sal dit ’n noukeurige proses wees om die verf af te haal en die monument skoon te maak.

Volgens Steve Lunderstedt, ’n geskiedkundige wat by die restourasie van grafte in Kimberley betrokke is, sal dit ’n tydsame proses wees om die monument skoon te maak, aangesien chemikalieë wat gebruik word om materiaal soos marmer en graniet skoon te maak, nie op sandsteen of leiklip gebruik kan word nie.

Die monument is deur die bekende Britse argitek Sir Herbert Baker in opdrag van Cecil John Rhodes ontwerp om die soldate wat ten tyde van die beleg van Kimberley tussen 14 Oktober 1899 en 15 Februarie 1900 gesneuwel het, te gedenk.

Baker het ook die Uniegebou en verskeie Suid-Afrikaanse geboue ontwerp.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.