Voortydige toets kan man se lewe red

2017-06-14 06:02
Dr. Clive Holroyd, algemene praktisyn, lewer ’n toespraak oor testikulêre kanker.

Dr. Clive Holroyd, algemene praktisyn, lewer ’n toespraak oor testikulêre kanker.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

As testikulêre en prostaatkanker vroeg opgespoor word, kan dit maklik behandel word. Hoe langer dit neem om opgespoor te word, hoe gevaarliker is dit vir mans.

Dit was Vrydag (09/06) die duidelike boodskap op KANSA se ontbyt ter bewusmaking van testikulêre en prostaatkanker wat in samewerking met Sanlam, Pathcare en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) by die Protea Hotel by Marriot in Kimberley aangebied is.

Volgens Andries van der Merwe, KANSA se gemeenskapmobiliseerder en organiseerder van die geleentheid, is een van die kwelpunte dat mans nie so openlik soos vroue oor dié soort kwessies praat nie.

“Dit is kommerwekkend om te sien dat mans nie so gereeld toetsing as vroue ondergaan nie. In 2015 tot 2016 het slegs 262 mans hulself vir prostaatkanker by KANSA laat toets. In dieselfde tydperk het 2 066 vroue hulself vir borskanker laat toets,” sê Van der Merwe.

Volgens dr. Clive Holroyd, ’n algemene praktisyn van Kimberley, is testikulêre kanker die mees algemene vorm van kanker onder mans van 15 tot 35 jaar. Dit is egter een van die mees behandelbare vorme van kanker, mits dit vroeg ontdek word.

Holroyd sê testikulêre kanker het ’n genesingsyfer van bykans 90% indien dit vroegtydig opgespoor word. Hoe langer gewag word, hoe laer daal die genesingsyfer en hoe minder is die geaffekteerde persoon se kanse op oorlewing.

Volgens hom raak prostaatkanker ongeveer een uit ses mans.

“As jy ’n familielid het wat prostaatkanker gehad het, is jou kans een uit drie om dit ook te ontwikkel. As jy meer as een familielid het wat pro­staatkanker gehad het, is jou kans 83% om dit te ontwikkel,” sê Holroyd.

Volgens hom is dit belangrik om vir gereelde ondersoeke te gaan.

Hy meen dat mans ouer as 40 vir gereelde prostaatspesifieke antigeentoetse (’n PSA-toets) en mans ouer as 45 vir fisieke toetse en bloedtoetse moet gaan wat gesamentlik kan help om prostaatkanker op te spoor.

Verskeie kankeroorwinnaars het op die geleentheid getuig oor die belangrikheid van vroeë opsporing.

Adriaan de Klerk, eienaar van West End Vleismark, het op die geleentheid R3 800 aan KANSA geskenk en ander ondernemings uitgedaag om ook betrokke te raak.

  • KANSA is grootliks van ­korporatiewe skenkers, skenkings en vrywilligers afhanklik om sy ge­sondheid- en ondersteuningsprogramme, asook sy navorsingprojekte, te dryf. KANSA is ’n nie-winsgewende organisasie wat ’n leidende rol in kankernavorsing speel en ondersteuning en sorg bied aan mense wat kanker het.

KANSA is ook by bewusmaking oor die siekte betrokke.

Besoek die vereniging se webwerf by www.cansa.org.za of die Facebook-blad “CANSA Kimberley” of skakel 053-831-2968.

KANSA se kantoor in Kimberley is te Chapelstraat 11 en besigheidsure is van 08:00 tot 16:30.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.