Vrou moet duur opdok vir spoorwegbouval

2016-07-06 06:00

HANNIE VAN DER WESTHUIZEN staan onder die geraamte van die populierboom langs die spoorlyn en skets ’n droewige prentjie van ’n huis sonder ruite, deure, lopende water, elektrisiteit en vullisverwydering.

Sy en haar bure is hoogs ontevrede dat die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) twee maande gelede geëis het dat hulle voortaan R1 300 se huur vir ou werkers­huise moet betaal.

Prasa eis glo R1 500 vir die groter spoorweghuise.

“Ons moet vir ’n huis sonder enige dienste betaal,” sê sy verontwaardig.

“Ons mag nie die deure of ruite wat ons self insit, saamneem as ons trek nie. Ons betaal huur vir ’n vervalle baksteenhuis met ’n onbetroubare sinkdak.”

Van der Westhuizen en haar seun, Hermanus, het eers in Orania gebly. Hy doen stukwerk in Hopetown terwyl sy huishou.

“Ek kry ’n pensioen van R1 500 per maand. Nadat die huur betaal is, bly daar omtrent niks oor nie. Ek moet nog kos, taxigeld en selfoongeld betaal.

“Ons probeer ons selfone met sonkrag laai. Op bewolkte en reënerige wintersdae is dit onmoontlik.

“Ons het die oop deur- en vensterrame met papier toegeplak. Ek moet vuur buite vir ’n bietjie hitte maak.”

Danny Jonas, burgemeester van die Thembelihle-munisipaliteit, sê hy probeer Prasa oortuig dat die raad dienste moet aanlê. Prasa besit die huise.

“Intussen bring ons twee keer ’n week ’n watertenk hierheen,” sê Jonas.

“Ons het ook werkskeppingsprojekte waarin die munisipaliteit, en nie Prasa nie, die perron en wagkamer skoonhou. Dit is die enigste stasie tussen De Aar en Kimberley waarop passasiers van Prasa se treine kan afklim.”

Sommige passasiers vertrek van hier na dorpe soos Hopetown, Orania, Petrusville, Vanderkloof, Modderrivier en Strydenburg.

Victor Dlamini, Prasa-woordvoerder, sê die 45 huise is van Transnet aan Prasa oorgedra. Daar is altesaam 12 huise wat in ’n redelik bewoonbare toestand is. Die ander 33 huise is soortgelyk aan HOP-huise.

“Sommige huise word bewoon. Ander is gevandaliseer en vervalle,” sê Dlamini.

“Ons het huurkontrakte van R1 800 vir die groter en R1 300 vir die kleiner huise aangebied.

“Die inwoners sê in ’n griefskrif dit is onbekostigbaar. Ons gaan ’n tweede mening oor die bekostigbaarheid inwin. Die waardeerder sal ook die toestand van die huise ondersoek.

“Die gebied het nie water- en elektrisi-teittoevoer nie. Transnet het toevoer geblokkeer. Ons het by Eskom aansoek om elektrisiteitstoevoer na die huise en die stasiegebou gedoen. Eskom sê hy het nie genoeg kapasiteit nie. Ons is steeds in gesprek met Eskom en Transnet om ’n ander uitweg te vind.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.