Vyf gevang ná Beaconsfield-roof

2015-11-18 06:00
GEWAPENDE rowers het trommels met geld uit ’n pantservoertuig geneem nadat hulle die veiligheidswag teen die voertuig vasgedruk het. Twee skote is na bewering in die rooftog geskiet. Dit het om ongeveer 09:30 in Beaconsfield in Kimberley gebeur. Vyf

GEWAPENDE rowers het trommels met geld uit ’n pantservoertuig geneem nadat hulle die veiligheidswag teen die voertuig vasgedruk het. Twee skote is na bewering in die rooftog geskiet. Dit het om ongeveer 09:30 in Beaconsfield in Kimberley gebeur. Vyf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

OOGGETUIES het Maandag (16/11) met afgryse vertel van die toneel toe vermeende rowers ’n veiligheidswag helder oordag teen sy voertuig vasgedruk, sy wapen afgeneem en geldtrommels uit sy pantservoertuig gehaal en daarmee gevlug het.

Die voorval het Maandag buite die K&B OK-winkel in Beaconsfield in die stad gebeur.

Twee skote is na bewering geskiet in dié rooftog wat omstreeks 09:30 plaasgevind het.

Die polisie het vyf vermeende rowers kort ná die rooftog in hegtenis geneem. Hulle het ook op twee voertuie, vyf vuurwapens, sommige van die vermiste geldtrommels, klere en handskoene beslag gelê. Nog vermeende rowers is na bewering voortvlugtend.

Een van die ooggetuies het Maandag vertel hoe die vermeende rowers die veiligheidswag van die G4S-veiligheidsmaatskappy teen sy voertuig vasgedruk, sy wapen en die geldtrommels uit die voertuig gehaal en gevlug het.

Susan Ntshekang van Quartz Security was buite die winkel toe sy sien hoe die rowers die veiligheidswag teen sy voertuig vasdruk en sy wapen afneem.

“Ek het die winkel ingestorm en die deur toegemaak. Ek het die polisie om 09:28 gebel. Ek het twee skote gehoor. Die polisie het tien minute later opgedaag.”

’n Ander ooggetuie het gesien hoe die vermeende rowers hul voertuig teen die gepantserde voertuig parkeer en die geld by die agterdeur, wat oopgestaan het, uithaal en in hul motor laai.

Sy sê daar is gewoonlik drie veiligheids-wagte wat die trommels karwei, maar Maandag was net een wag aan diens.

Die wag het na bewering reeds geld van die outomatiese teller in die kruideniers-warewinkel gelaai toe hy oorval is.

Speurders het Maandagmiddag na kringtelevisiemateriaal op die winkel se rekenaar gekyk om moontlike verdagtes uit te ken.

Lt.genl. Risimati Peter Shivuri, Noord-Kaapse polisiekommissaris, het dit as die grootste gewapende rooftog vanjaar in die provinsie beskryf.

Hy het sy lede gelukgewens en lede van die gemeenskap bedank.

“Ons was vinnig op die toneel. Die blitspatrollie, honde-eenheid, gewapende-reaksie-eenheid, lugvleuel en ander eenhede het hulle onmiddellik na die toneel gehaas.

“Ons vermoed daar was tien verdagtes. Hulle het eers op die veiligheidsmaatskappy se voertuig geskiet en toe ook op die polisie. Ons het na hul voertuie en nie na die verdagtes nie, geskiet.

“Ons wil hulle lewend hou sodat hulle ons inligting oor die ander verdagtes kan gee. Die verdagtes het op die vlug geslaan. Ons het twee voertuie, ’n Honda Ballade en Nissan-bakkie met Vrystaatse nommerplate, gevind. Daar mag meer voertuie betrokke wees.”

Die verdagtes het in strate van die Greenside-woonbuurt gehardloop en oor heinings gespring. Hulle het wapens, magasyne, handskoene en klere in erwe, bosse en in ’n vloedwatersloot gegooi, waar sommige aangekeer is.

Die forensiese span het die bewysstukke bymekaargemaak.

“Ons is nie seker hoeveel geld ter sprake was nie,” het die kommissaris gesê.

Hy het voortvlugtende verdagtes gewaarsku dat die polisie op hul spoor is.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.