Wedren ’n reuse-sukses

2016-11-02 06:00
Die wenners van die 60 km-bergfietswedren vir vroue. Van links is Elmien Vorster (2de), Tania Visser (1ste) en Ilze van der Schyff (3de)             Foto’s: Karin Muller

Die wenners van die 60 km-bergfietswedren vir vroue. Van links is Elmien Vorster (2de), Tania Visser (1ste) en Ilze van der Schyff (3de) Foto’s: Karin Muller

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Kelrn Vervoer het Saterdag (29/10) die vierde agtereenvolgende MTB Classic-fietswedren net buite Barkly-Wes aangebied.

Werknemers het net ná son-op by hul verskillende punte aangemeld om van hierdie funksie ’n reuse-sukses te help maak.

Oud en jonk het hulle vir die onderskeie afstande en afdelings ingeskryf en ’n rekordaantal inskrywings van byna 400 is hierdie jaar ontvang.

Met net enkele sekondes tussen die eerste en tweede plek het Pieter Seyffert en Bennie Coetzer die 60 km-manswedren in ’n naelbytstryd laat ontaard.

Die oudste deelnemer, Arthur Els, het daarin geslaag om op 72-jarige ouderdom die 30 km-Men’s Masters suksesvol te voltooi.

Ter afwagting op die geluktrekking, lootjietrekking en prysuitdeling het deelnemers en hul gesinne ná die wedren onder die groot bome op die grasperk voor die Olyfhuis-gastehuis ontspan.

Daar was varsgebakte roosterkoek met spitbraai, heerlike sosaties en ander lekkernye te koop.

Die lootjietrekking het Karen Hoffman ’n bergfiets ter waarde van R20 000, wat deur Alpha Beta geborg is, besorg.

Die Koeistal Kersmark, wat ook gedurende hierdie tyd op dieselfde perseel aangebied is, was ook ’n sukses. Belangstellendes kon deur interessante snuisterye snuffel en dan heerlik in die teetuin ontspan. Met die aanbied van die MTB Classic-fietswedren het Kelrn Vervoer daarin geslaag om R400 000 vir kindersorg in te samel.

“Ons is verskriklik dankbaar vir hierdie geleentheid en bedank ál ons borge, klein en groot, wat ons gehelp het om hierdie teiken te bereik. Sonder julle sou ons dit nooit kon doen nie,” sê Kenne de Kock, eienaar van Kelrn Vervoer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.