Wiele draai op tennisbaan

2017-06-21 06:02

Tennis en rolstoele is twee dinge wat ’n mens nie bymekaar sou verwag nie, en tog is rolstoeltennis volgens dié sport se beheerliggaam in Suid-Afrika, Rolstoeltennis Suid-Afrika (WTSA), een van die snelgroeiendste rolstoelsporte ter wêreld.

Volgens WTSA is daar in Suid-Afrika alleen bykans 500 aktiewe rolstoeltennis-spelers en meer as 60 sentrums en skole landwyd wat rolstoeltennis-afrigting aanbied.

Die sport word ook hier in die Noord-Kaap uitgebou, waar dit die lewe van talle gestremde sportmanne verander.

Ruan Venter, ’n sportafrigter van Kimberley en nou ook WTSA se afrigter in die Noord-Kaap, gee weekliks rolstoeltennis-afrigting op die Hoërskool Adamantia se tennisbane.

Die sportsoort word op gewone tennisbane gespeel en die reëls is bykans dieselfde as gewone tennis, met die uitsondering dat die bal twee keer mag hop in pleks van net een keer.

“Dit is nie ’n maklike sport nie en kan vir die beginner lank vat om te bemeester. Tog is dit ’n bevredigende sport indien dit bemeester kan word,” meen Venter, wat al jare lank gewone tennis in Kimberley afrig en onlangs ook by rolstoeltennis betrokke geraak het. Volgens Venter verg rolstoeltennis dat die speler die rolstoel met sy een hand beheer en die raket met die ander.

Dit is noodsaaklik vir die rolstoeltennis-speler om vinnig te kan draai en verg ’n kragtige bolyf.

Kamogelo Moholoeng (21), een van die Noord-Kaap se voorste tennisspelers wat weekliks afrigting by Venter ontvang, sê hy het sowat vier jaar gelede met rolstoeltennis begin toe hy ’n leerling aan die Spesiale Skool Retlameleng was.

“Een van my onderwysers, Tumi Lekgetho, het my aan die sport bekend gestel. Hoewel ek aanvanklik gesukkel het, het ek vinnige opgang in die sport gemaak en vandag is dit my passie,” bieg Moholoeng.

Venter wil ook die sport na blinde persone bring met behulp van spesiale balle wat ’n geraas maak wanneer dit beweeg.

Bel Ruan Venter by 082-829-5553 vir meer inligting oor gewone tennisafrigting, rolstoeltennis-afrigting of tennisafrigting vir blindes.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

Makeover saves dog’s life

Lucky Charlie got a complete make-over that helped him get adopted.

 
 

Paws

For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.